Quantcast
Channel: Voelgoed
Viewing all 1496 articles
Browse latest View live

Badtyd-bederf ter waarde van R3 000

$
0
0
glodina

Bederf jou gesin tydens badtyd met Glodina se Soft Touch Collectionhanddoeke geweef uit die sagste katoen in ’n reeks klassieke, pastel- en neutrale skakerings.

Glodina se splinternuwe Soft Touchreeks is nie net weelderig sag nie, maar ook baie sterk en superabsorberend.
Die handdoeke is ook ’n spoggerige dekoritem in jou badkamer. Die bypassende badmatjies word van sterker katoen gemaak en is baie duursaam.

Dit is beskikbaar in wit, eiervrug, middernagblou, sampioen, roos, aqua-ys, blou-ys, perskekoraal, botter en ander pragtige kleure. Jou badkamer word dalk net jou gunstelingplek met hierdie pragtige handdoeke! Drie gelukkige lesers kan elk ’n geskenkpak ter waarde van R1 000 wen.

Om in te skryf, SMS die woord “badtyd” saam met jou naam en e-posadres na 33788.  (R1,50 per SMS)

Kompetisiereëls:

  1. Kompetisie sluit 17 Maart 2014.
  2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
  3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
  4. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  5. Die prys kan nie verruil word nie
  6. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
  7. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.
Category: 
Deel/Stuur

Die genade van ekskuus

$
0
0

Ware verandering is moontlik, maar dan moet jy ekskuus kan sê. Dis eers wanneer jy aanvaar dat jy ook foute het dat jy jouself kan sien soos jy regtig is. Vermy hierdie strikke en word regtig vry.

In ’n wêreld van gebrokenheid is een van die moeilikste dinge wat jy moet doen, om te erken dat jy verkeerd is. In ’n opname onder FINESSE-lesers is trots en ego as die grootste redes aangedui waarom mense nie ekskuus kan sê nie. Tog is dit nie die einde van die wêreld nie. Deur die volgende strikke te vermy, kan jy ook die genade van ekskuus ervaar.

Jy glo jy alleen is altyd reg

Omdat ons almal geestelik blind is, kan ons onsself nie sien soos ons regtig is nie. En omdat ons ons eggenoot se foute beter raaksien as ons eie, begin ons dink dat die ander persoon altyd verkeerd is. Dit is dan dat dit vir ons moeilik raak om te glo dat ons ook deel van die probleem is.

As jy heeltyd glo jy is reg en dat jou man hulp nodig het, raak jy mettertyd gefrustreerd omdat hy nie kan insien dat hy moet verander nie. So raak jy al hoe meer ontevrede en ongeduldig.

Maar daar is hoop! Genade kan ons oë oopmaak en ons harte versag. Genade wys ons ons swakhede en help ons om hulp te gaan soek.

Jy weier om na jouself te kyk

Dit gebeur dikwels dat mense nie hulleself kan sien vir wie hulle werklik is nie. Iemand weier nie net om na haarself te kyk nie, maar as sy na haarself kyk, kan sy nie sien wat verkeerd is of hoe ander mense haar sien nie.

Dan gebeur die volgende: Omdat syself volgens haar reg en haar man verkeerd is, maak sy die afleiding dat al die probleme in hulle huwelik sy skuld is. En omdat hy ’n mens met foute is en sy hom met ’n arendsoog dophou, kry sy net meer “bewyse” dat hy die een is wat verkeerd is. Sy raak ongeduldig met hom en wens dat hy meer soos sy kan wees. ’n Verkeerde siening van die self is een van die grootste redes waarom ’n huwelik nie kan verander nie.

Jy steur jou nie aan kritiek nie

In ’n gesonde verhouding het albei die vrymoedigheid om oop te maak vir die hulp en perspektief van hulle eggenoot. Dis net as hierdie vrees oorwin is dat ’n verhouding kan groei.

Om in liefde eerlik te wees is ook vir baie mense ’n probleem. Nie net verdedig ons onsself teenoor ander se menings nie, maar ons vermy ook ongemaklike situasies deur stil te bly oor dinge waaroor daar gepraat moet word. Die vrees vir spanning en verwerping veroorsaak dat ons nie gesels oor iets wat nuwe insig in mekaar en die verhouding kan bring nie.

Dit is alleen wanneer ons op God vertrou, op sy konstante hulp en vergifnis, dat ons kan glo dat sy genade alles reeds oorwin het. Dis ook net as ons glo dat Hy ons die krag sal gee om te verander dat ons nie bang sal wees om ’n oop en eerlike huwelik te hê nie.

’n Vrees vir spyt en die verlede

Die vrees vir spyt verhinder ons dikwels om dinge in onsself te sien wat ons moet sien. Belydenis beteken nie net dat ons na onsself moet kyk soos ons op hierdie oomblik is nie, maar ook dat ons na die verlede moet kyk.

As jy iemand met ’n vinnige humeur is, gaan jy nou begin raaksien watter effek jou aggressie oor die afgelope jare op die mense om jou gehad het.

Jy is egter nie onherroeplik vasgevang nie. Jy is nie vir altyd gebind aan jou foute van die verlede nie. Jy hoef nie vir altyd daarvoor te betaal nie. Wat gebreek is, kan weer reggemaak word. God sal ons die gevolge van ons foute laat sien en ons gee wat ons nodig het om dit vierkantig in die oë te kyk. Hy gee ons ook die wysheid en krag om nuwe saad in ons huwelik te saai.

Om te erken jy is verkeerd is nie so verskriklik moeilik nie. Maak jou vry van vooroordele en beleef die genade van bekentenis.

Verwerk en vertaal na aanleiding van ’n artikel van Paul David Tripp.

FORUM:
Wat is die ergste: ’n fisieke affair of ’n emosionele affair waar seksuele intimiteit nie betrokke is nie, maar jou man sy diepste geheime met ’n ander vrou deel? Kom vertel ons op www.gelukkiggetroud.co.za se forum wat jy daarvan dink.

Deel/Stuur

Kevin Leo moes haar vergewe

$
0
0
kevin leo

Wat doen jy as die lewe jou ’n dwarsklap gee? Gewilde sanger Kevin Leo moes besluit of hy gaan terugklap of wegstap. Met volwasse rustigheid vertel hy hoekom terugklap nooit die regte antwoord kan wees nie.

Die telefoon lui. Dis ’n joernalis. “Jou eksvrou het aantygings gemaak oor fisiese en emosionele mishandeling in julle huwelik. Ook dat sy sukkel om onderhoudgeld uit jou te kry,” verduidelik sy. “Ons wil graag jou kant van die storie hoor.”

Ek is uit die veld geslaan. Hoe reageer ’n mens op so iets? Ek weet wie en wat ek is, en ek is nie bereid om deel te word van ’n speletjie waar ’n emosionele speelbal heen en weer geslinger word nie.

“Ek het geen kommentaar nie,” antwoord ek beslis. Maar haar woorde bly in my kop. My foto en die aantygings teen my word op die voorblad uitgeblaker. Dit laat my vuil voel. Kwaad. Alleen en verraai.

Al het ek besluit om stil te bly, was dit glad nie minder traumaties nie. Ek het die afgelope maande ’n rowwe pad gestap. Eers die egskeiding, toe die aantyging. Alles het baie diep gesny.

Die egskeiding en aantygings het my in ’n warboel van emosies gedompel. Wat nou? Hoe moet ek al hierdie dinge hanteer? Wat is volgende? Ek moes gou leer dat die beste plan van aksie juis is om emosie heeltemal uit die ding te haal. Om jou besluite en reaksies op logika te grond en nie op jou wipplank van gevoelens nie.

Ek het vir berading gegaan en my hart teenoor ’n briljante pastorale sielkundige uitgestort. Wat ’n wyse besluit! Dr. André Botha het my gevoelens in perspektief geplaas en verduidelik dat egskeiding en alles wat daarmee gepaardgaan, selfs erger is as die dood van jou eie kind.

Hoe traumaties jou kind se dood ook al mag wees, ’n mens kan nog daaroor rou en weet dis finaal verby. Met egskeiding, veral as daar kinders betrokke is, is dit anders. Dis ’n “gedwonge dood” wat net aanhou en aanhou. Jy bereik nooit ’n stadium van finaliteit nie, want die betrokkenes het steeds raakpunte met jou persoonlike lewe.

Dr. André het vir my uitstekende raad oor liefde en verhoudings gegee. Ek wens iemand het dit jare gelede vir my gesê, nog voordat ek getroud is. Hy het verduidelik dat ’n gesonde huwelik op drie pilare rus.

Al drie moet daar wees, anders het jy ’n wankelrige verhouding. Die eerste een is geloof en om dit openlik te kan uitleef. Die tweede en derde is vriendskap en respek. Ek het nogal gereken dat liefde een van die pilare behoort te wees, maar hy het verduidelik dat liefde outomaties deel van die pakket is as hierdie drie dinge teenwoordig is. Liefde kan eenvoudig nie ’n pilaar wees nie, omdat dit ’n baie wankelrige emosie is.

Die feit dat ek rustigheid in my gees het oor wie ek is, het my baie gehelp om weer van die grond af op staan.

Ek is wie ek is. Ek wéét ek kom van God af. Hy het ons almal – my inkluis – met spesifieke talente vir ’n spesiale doel geskape. Die Kevin Leo wat op die verhoog staan en sing, is dieselfde ou wat by die huis lief is vir kosmaak, wat dit geniet om tyd saam met sy kinders deur te bring en wat graag saam met familie en vriende kuier.

Maar om by hierdie punt van selfaanvaarding en vrede te kom, het nie oornag gebeur nie. Dit het lank gevat om gemaklik te raak met wie en wat ek is.

Ek het opnuut besef ek moet presies wees wie ek is! Dit was ’n groot openbaring om te weet niks van my is “per ongeluk” nie. Ek is só gemaak met ’n rede. Dis ook ’n groot deel van my persoonlikheid om mense te wil dien. Om ’n verskil te maak in ander se lewens. Om hierdie eienskappe uiteindelik in ’n volwasse beroep te laat saamwerk, was ’n uitdaging op sy eie. Ek het altyd geweet ek wil mense help, maar hoe? En waar pas my brandende liefde vir sang en musiek in?

My eerste “regte” werk daarna was by ’n versekeringsmaatskappy. Maar dit was’n doodloopstraat. Elke dag in my pakkie klere werk toe; toebroodjies in ’n Tupper-bakkie onder die arm. Dieselfde roetine oor en oor, dagin en daguit. Dit het my menswees versmoor.

En toe kom ek agter om ’n sanger te wees is ook ’n beroep. Wat ’n openbaring! Skielik het my passie om te dien en my talent om te sing in perfekte simbiose begin saamwerk. Alles waarteen mense my gewaarsku het – hoe ek sou sukkel sonder geld, hoe lank dit sou vat om ’n sukses daarvan te maak – het waar geword, maar dit was die moeite werd!

Nou kon ek vir die eerste keer gemaklik in my skoene staan en my twee passies uitleef: sing en dien.

My egskeiding, en die aantygings daarna, het my beslis ook op ’n verdiepingsreis in my geloof gevat. Ek ervaar God nog altyd as ’n Pa wat my baie liefhet nes ek is, maar in hierdie donker maande was dit selfs méér so. Hoeveel keer het ek nie op my knieë voor Hom gehuil en gevra vir leiding nie ... En Hy het dit elke dag soos ’n lantern op my pad laat skyn. Hy sien orde in die chaos en gee jou altyd ’n uitkomkans.

In elke gesprek met God het dié ding in my kop kom druis. Hoe kan God my enigiets vergewe as ek nie ander mense kan vergewe nie? Dit was moeilik! Ons is nie masjiene waar jy net ’n knoppie kan druk en die pyn afsit nie. Jy moet stuk-stuk daardeur werk. En soms dag na dag opnuut vergewe as dit moet. Maar dit ís die enigste pad na genesing. Om kwaad te bly of te trots te wees om te vergewe is ’n gevaarlike speletjie. Dit sal jou heeltemal afbreek totdat daar niks van jou oor is nie.

Ek het ook geleer dat liefde die pleister is wat jou sielswonde kans gee om gesond te word. Dit werk soos daardie oulike advertensie waar die seuntjie die pleister afhaal en verbaas vra: Where did my cut go? Ek het intussen ’n nuwe liefde ontdek in ’n ou vriendskap wat baie jare gelede reeds begin het. Ek en Elizma Brink, wat deesdae ook my musiekagent is, was al goeie vriende toe sy nog op skool en ek op universiteit was. Ons ken mekaar deur en deur; daarom was dit so lekker om mekaar na jare weer raak te loop en voort te bou op ons spesiale vriendskap van destyds. Vandag is ons net baie meer volwasse en wyser as in die verlede. Dit gaan goed en ek sien uit na hierdie nuwe fase in my lewe.

Iemand het eenkeer gesê dat dit ’n tegniese vereiste vir ’n vliegtuig is om teen die wind op te styg. Dis ’n goeie beeld van hoe ek graag na uitdagings kyk. Jy kan dit positief of negatief hanteer. Jou keuse sal bepaal of jy sal kan uitstyg of verpletter op die grond gaan bly.

Ek het gekies om positief te wees ... en daarom vlieg ek weer!

Category: 
Slide Show Title: 

Kevin Leo “Ek kies lewe bo woede”

Slide Show Intro: 

As die wêreld jou klap,
draai die ander wang

Deel/Stuur

Mieliepoffertjies met geroomde avokado

$
0
0
mielie poffertjies

’n Ordentlike ontbyt is ’n maaltyd vir ’n koning. Vergeet vir eers van graankos en gebrande roosterbrood en bederf jou geliefdes dié naweek met ’n behoorlike ete. Soet of sout, hier is iets vir elke smaak.

Genoeg vir 16-20 happiegrootte poffertjies
Tyd: 45 minute

BESTANDDELE

Vir die poffertjies

  • 500 ml gaar mieliepitte
  • 1 heel sprietui, in dun skyfies gesny
  • 15 ml basiliekruid, fyngekap
  • 15 ml dille, gekap
  • 20 ml soet rissiesous
  • 1 wiel fetakaas, gekrummel
  • 120 g koekmeel
  • 15 ml suiker
  • 5 ml fyn sout
  • 5 ml bakpoeier
  • 5 ml paprika
  • 5 ml droë salie
  • 250 ml ongegeurde jogurt
  • 2 groot eiers
  • olyfolie, vir braai
     

Vir die geroomde avokado

  • 3 avokado’s, geskil en ontpit
  • 15 ml suurlemoensap
  • 30 ml balsemasyn
  • sout en wit peper na smaak
  • Tabasco-sous, na smaak (opsioneel)
  • geroosterde tamaties, vir opdiening
  • verglansde spek, vir opdiening
     

METODE

Vir die poffertjies
1 Meng die mielies, sprietui, basiliekruid, dille, soet rissiesous en fetakaas in ’n mengbak. Meng die meel, suiker, sout, bakpoeier, paprika en salie in ’n aparte bak en klits die jogurt en eiers by tot glad. Roer die mieliemengsel by en plaas vir ’n uur in die yskas.

Vir die geroomde avokado
1 Meng die avokado’s, suurlemoensap en balsemasyn saam. Geur met sout en wit peper en voeg ’n paar druppels Tabasco-sous by, indien verkies.
2 Verhit ’n kleefvrye braaipan oor matige hitte en voeg ’n klein bietjie olyfolie by. Skep eetlepels vol van die beslag in die pan en braai tot goudbruin en bros, ongeveer 2-3 minute aan elke kant. Hou die poffertjies onder ’n skoon vadoek warm terwyl jy die res gaarmaak.
3 Sit die poffertjies voor met die geroomde avokado en gekraakte swartpeperkorrels. Dit is veral heerlik saam met geroosterde tamaties en bros stukkies spek.

Met komplimente van Food & Home Entertaining en Your Family

Deel/Stuur

Sjokolade-omelet

$
0
0
Sjokolade-omelet

’n Ordentlike ontbyt is ’n maaltyd vir ’n koning. Vergeet vir eers van graankos en gebrande roosterbrood en bederf jou geliefdes dié naweek met ’n behoorlike ete. Soet of sout, hier is iets vir elke smaak.

Genoeg vir 4
Tyd: 40 minute

BESTANDDELE

  • 500 ml gemengde bessies
  • 60 ml bessiekonfyt
  • 4 eiergele
  • 20 ml strooisuiker
  • 8 ml vanieljegeursel
  • 100 g donkersjokolade, fyngerasper
  • 8 eierwitte, by kamertemperatuur
  • 80 ml strooisuiker
  • 30 ml botter
  • vanieljeroomys, vir opdiening
     

METODE

1 Verhit die bessies en konfyt in ’n kastrol oor matige hitte vir 1 minuut.
2 Meng die eiergele, strooisuiker, vanielje en sjokolade by.
3 Klits die eierwitte tot die sagtepuntstadium. Klits die strooisuiker geleidelik by tot stywe punte vorm. Roer ’n kwart van die eierwitmengsel by die sjokolademengsel en vou dan die res ook daarby in.
4 Verhit ’n kwart van die botter in ’n 16 cm kleefvrye braaipan oor matige hitte. Skep ’n kwart van die sjokolademengsel in die pan en bak vir drie minute. Plaas onder ’n voorverhitte rooster vir een minuut, of tot gestol. Herhaal met die res van die sjokolademengsel.
5 Dien op met die bessies en roomys.

Met komplimente van Food & Home Entertaining en Your Family

Deel/Stuur

Help, ek is te besig!

$
0
0
te besig

Daar is te veel dinge op jou lysie en te min tyd elke dag. Dit hoort seker so. Nogtans, is dit regtig wat God van jou vra?

Dit kan gevaarlik wees om te veel te doen

Daar is niks wat jou blydskap so kan steel soos ’n gejaagde program propvol verpligtinge nie. Geen wonder dis een van die duiwel se gunstelingstrategieë nie: Maak ’n vrou besig en sy het nie meer tyd om by die belangrike dinge uit te kom nie ...

Daar sal tye in jou lewe wees dat dit doller as normaalweg sal gaan. As jy egter begin agterkom jy is elke dag so aan die hardloop dat jy geen lewensvreugde meer het nie, moet jy halt roep.

Jy móét genoeg tyd hê om gereeld oor jou bestaan na te dink sodat jy uit elke ondervinding iets kan leer en geestelik vrug kan dra. Dit beteken jy moenie te besig wees om uit te vind hóékom jy dan so besig is nie! Daar is dalk ’n probleem waarvan jy nie weet nie, soos dat jy altyd almal tevrede wil stel ten koste van jou eie geluk en vrede.

Vind uit wat die rede vir jou oorvol program is

Het jy al gedink aan wat jou bedrywige lewe oor jou sê? Jy is dalk ’n bietjie hoogmoedig; daarom probeer jy ander se goedkeuring kry deur te veel pligte op jou te neem. Of jy glo dat net jý bekwaam genoeg is en dan oorlaai jy jouself met dinge wat iemand anders ewe goed sou kon doen.

Miskien steek selfsug soms kop uit? Jy werk jou oor ’n mik sodat jy genoeg geld kan hê om elke jaar ’n duur vakansie te kan bekostig – jy verdien dit mos! Maar dan is jy is in elk geval so uitgebrand dat jy dit nie eers geniet nie.

Dis maklik om vas te stel of jou motiewe reg is. Vra jouself gereeld: “Probeer ek goed doen of goed lyk?” Onthou, dit wat jou so bedrywig maak, moet jou help, nie verhinder nie, om jou Skepper en die mense om jou te dien.

Moenie doen wat God nie van jou verwag nie

Dis nie verkeerd om besig te wees nie, solank jy met die regte dinge én om die regte redes besig is. Sekere seisoene van jou lewe sal altyd bedrywiger wees as ander.

Jy behoort gereeld oor jou prioriteite te besin sodat jy jou tyd, energie en geld slim kan gebruik. Bid vir wysheid om te weet wie of wat op jou lysie moet wees. Besluit vooraf wat jy elke dag kán doen en nié kan doen nie.

Hou dan gerus op om so te stres. Jy doen soms hopeloos te veel omdat jy glo jy móét alles beheer. Jy hoef nie. Vertrou God volkome met jou kinders, jou finansies, jou bejaarde ouers. Hy sál jou mos help om die regte besluite te neem. Een van die grootste geskenke wat jy jou geliefdes kan gee, is om ’n rustige en gelukkige mens te wees wat tyd het om werklik te luister.

Vertaal en verwerk uit Crazy Busy: A Mercifully Short Book About A (Really) Big Problem van Kevin DeYoung).

Deel/Stuur

My hond red lewens

$
0
0
My hond red lewens

’n Hond is ’n mens se beste vriend, selfs al is hy weggegooi. Lizette Mobey het agtergekom dat dit soms juis die verstote honde is wat die grootste verskil in mense se lewens kan maak.

Eenkant in die hoek van die vertrek sit ’n verwronge seuntjielyf in ’n rolstoel. Sy oë sien niks. Hy het lankal belangstelling in die vreemde wêreld om hom verloor. Khaja se gestremde lyf en verwronge begrip maak dit vir hom onmoontlik om deel te wees van dinge wat die meeste mense as vanselfsprekend aanvaar. Die enigste teken dat daar lewe is, word sigbaar wanneer sy een arm met ’n inmekaargetrekte hand nou en dan in die lug opskiet.

Huis Emelia in Bloemfontein is ’n plek vir wegsteekkinders. Dit is waar Khaja sy dae deurbring. Die mense hier verrig wonderwerke met wat hulle het. Geduldig word daar na die kinders se geringe behoeftes omgesien. Daar is nie juis vordering nie. Net oorlewing. Die kinders is erg gestrem. Fisiek, geestelik en verstandelik.

Daar was geen belofte van enige opwinding in klein Khaja se lewe nie. Toe ontmoet hy Plofstof. Dis die derde keer wat hierdie ongelooflike hond vir Khaja en die ander kinders by Emelia kom kuier. Khaja kyk onmiddellik op. Van die afwesige kind wat hy ’n paar weke gelede nog was, is daar geen teken nie. Sy oë blink. Sy gesig wys hy weet meer as wat ons dink. Van oor tot oor lag hy terwyl Plofstof doelgerig na een van sy gunstelingkinders stap. Hy gaan sit voor Khaja.

“Plofstof is die spesiaalste hond,” sê Lizette. “Sonder ’n enkele dag se opleiding het hy net hierdie ingebore instink om stukkende mense te help.” Een van Lizette se werkers het die hondjie in die straat opgetel. “Ek het hom R50 aangebied en gevra of ek die hond kan kry!” So het Plofstof lid van die Mobey-huishouding geword.

Beide Lizette en haar man, Craig, is pastorale beraders. Op ’n stadium het Lizette haar spreekkamer huis toe verskuif en sonder dat sy dit ooit beplan of besef het, het Plofstof deel van die terapie geword. Sy eienaardige naam het hy te danke aan sy soms elektriese “haarstyl”.

“Dit sou lekker gewees het as ek die krediet vir Ploffie se vermoëns kon neem,” sê Lizette, “want dan sou ek ander honde ook kon oplei om sy werk te doen. Maar wat jy hier sien, is alles in sy hart.”

Lizette vertel dat Plofstof van kleins af die vermoë gehad het om met ander diere te werk. Hy het elke klein diertjie wat op hulle hoewe gebore is, aangeneem en geleer. Moeiteloos. En toe begin hy met haar pasiënte.

“Ek was eers bekommerd,” onthou Lizette, “nie almal is honde-mense nie ... Totdat ’n pasiënt eendag wou weet waar is haar ‘terapeut’ dan vandag? Dis toe dat ek besef Plofstof het ’n geweldig kalmerende invloed op mense. Veral die kinders verkies om eerder met hom te praat as met my!” lag sy.

“Plofstof het my geleer om ’n bietjie te laat los. Om net daar te wees. Soms het ’n beker koffie en ’n hond se kop op jou skoot baie meer waarde as ’n duisend woorde se gepraat. ’n Mens kan nie altyd alles uitpluis nie. Soms moet jy dit net uitwag.”

Toe Lizette by Huis Emelia betrokke geraak het, het sy aanvanklik sonder Plofstof gegaan. Baie van hulle is outisties en serebraal gestrem en sy het begin wonder hoe hulle op Plofstof sou reageer. “Ek moes geweet het hy is die perfekte hond om aan hulle voor te stel.”

Ploffie het self sy eie roetine daar vasgestel. Hy gaan groet eers al die oppassers en dan begin hy met die kinders werk. Net so vier of vyf op ’n keer. Dis asof hy presies weet wie hom wanneer nodig het. En dan is daar die blinde dogtertjie wat op die een of ander manier haar weg tot by Plofstof vind. Elke keer. Na ’n werksessie gaan groet hy almal eers weer voordat hulle ry.

Langs Khaja sit Lizette se assistent met ’n houer vol hondebeskuitjies. Die kinders mag daarvan vir Plofstof voer, mits hulle hom dan vir ’n “stappie” vat sodat hy nie “vet” word nie ... Dan vat hulle sy leiband en loop agter hom aan. Of rol, want dié in rolstoele kry ook ’n beurt! En vandag wil Khaja, met sy toe hand en spastiese arm, ook vir Plofstof voer. Eers strek hy sy arm uit. Dan maak sy krom vingers een vir een oop om oor Ploffie se sagte pels te streel. Almal trek hulle asems in. Hier en daar word ’n traan weggevee. Gaan hy dit regkry? Gaan hy sy dom arm by die dun opening ingedruk kry?

Stadig lig hy sy arm op en mik vir die opening. Hy konsentreer asof dit die heel belangrikste ding is wat hy nog ooit gedoen het: om vir hierdie wollerige maatjie’n beskuitjie te gee.

Sy arm is in! Hy lyk self effens verbaas en dit vat ’n rukkie voor sy dom vingers ’n plan begin maak om ’n beskuitjie vas te vat. Stadig trek hy weer sy arm uit en druk dit in die rigting van Plofstof se bek. Ploffie roer nie. Niemand moet nou skrik of seerkry nie. Eers as die beskuitjie aan sy lippe raak, maak hy sy bek oop sodat Kaya dit kan indruk. Die seuntjie se oë blink en sy glimlag is groter as ooit. Plofstof kou die beskuitjie terwyl almal om hom oe en aa. Hierdie is soveel meer as ’n weggooihond en ’n stukkende kind. Dit is liefde, omgee en aanvaarding. Dit is perfeksie.

Terug by die huis is Plofstof meestal net ’n hond – jy kan ook nie heeltyd werk nie! Soms moet jy saam met die ander viervoetiges in die gang afhardloop, ’n blompot omstamp en deur waterpoele plas. “Ek het al geleer om sy lyftaal te lees. Wanneer hy moeg is, kan ek dit sien – then we call it a day. Nog ’n belangrike les wat ek by hom geleer het! Alles hoef nie altyd dadelik te gebeur nie. Ook nie presies soos wat jy dink of wil hê dit moet nie. Plofstof werk met elke kind teen hulle eie pas. Hy forseer niemand nie.”

Daar is mense wat Lizette al aangeraai het om Plofstof professioneel te laat oplei. “Maar waarvoor? Wat moet hy leer? Ek is ook heeltemal te bang hy begin verward raak en hou op om spontaan en natuurlik met die pasiënte te werk. Dit sou ’n sonde wees om dit van hom – en van die mense – af weg te vat.”

As jy eers eenkeer in Plofstof se salige geselskap was, wil jy dit altyd hê. “Ja!” lag Lizette, “almal wil vir Ploffie hê!” Hy staan nader met sy deurkyk-oë vir ’n laaste vryf oor sy kop. Hierdie hond wat iemand weggegooi het. ’n Klein diertjie wat nog nie eers kon sien nie. As dinge anders uitgewerk het, sou Khaja nooit sy hand kon oopmaak nie. Sou wegsteekkinders altyd in die verlate duister gelewe het. Sou baie trane en pyn nooit beter geword het nie. Maar dit het, want daar was ’n groter plan met Plofstof se lewe. Dit is so met alles en almal wat bestaan.

Slide Show Title: 

Van weggooi-
hond tot helper

Slide Show Intro: 

Só bring ʼn hong
vreugde in gestremde
kinders se lewens

Deel/Stuur

Leer "die Dolla Rock & Roll"

$
0
0

Stap 1: Klap jou hande twee keer op jou bobene

 

Stap 2: Klap jou hande 2 keer teen mekaar

Stap 3: Oorkruis jou hande, regs bo (2 keer).

 

Stap 4: Oorkruis jou hande, Links bo (2 keer).

Stap 5: Maak vuiste met jou hande en slaan twee keer met jou regter hand bo.

 

Stap 6: Maak vuiste met jou hande en slaan twee keer met jou linker hand bo.

Stap 7: Gooi jou regter duim 2 keer oor jou regter skouer.

 

Stap 8: Gooi jou linker duim twee keer oor jou linker skouer.

Stap 9: Herhaal die eerste 8 stappe.

Onthou om dit lekker vinnig te oefen sonder dat jou hande koek!

 

 

Deel/Stuur

Nicole Kidman se soeke na ware liefde

$
0
0
Nicole Kidman

Nicole Kidman, wat die hoofrol vertolk in Grace of Monaco, praat vir die eerste keer openhartig oor haar egskeiding van Tom Cruise. Sy het meer as net ’n lewensmaat verloor toe hy haar verlaat het.

Hulle was die paartjie van die dekade en het die verbeelding aangegryp – Tom Cruise en Nicole Kidman. “Dit was ’n sprokieslewe – met elemente van ’n nagmerrie,” vertel Nicole. Daar is aanvanklik bespiegel dat die Sciëntologie-beweging haar gekeer het om oor hulle egskeiding te praat, maar vandat sy opnuut in die openbare oog is, gee sy nie om om te verduidelik hoe moeilik dit vir haar was nie.

As gevolg van die geweldige mediabelangstelling in hulle huwelik het sy en Tom ’n besonder intieme verhouding gehad. “Ons was gefokus op mekaar en het die wêreld daarbuite uitgesluit.” Dit was amper verslawend omdat hulle twee afgesonder in ’n “borrel” geleef het en só van mekaar afhanklik geraak het. “Tom het my gefassineer, geïnteresseer en bekoor. Aan die begin was die lewe saam met hom so romanties.” Nicole eer steeds die goeie jare wat hulle gehad het. “Ek het daardie man liefgehad,” erken sy ruiterlik. Die emosionele mishandeling sou eers later jare kop uitsteek.

Vroeg in die huwelik het sy ’n miskraam gehad wat sy as besonder traumaties beleef het. “Ek wou so graag kinders hê, maar daar was probleme.” Toe neem hulle twee kinders aan en die gesinnetjie was voltallig. Of dis wat sy graag wou glo. Eintlik was hulle volgens Hollywood-standaarde betreklik lank getroud. “Ek het nie ’n idee gehad dat Tom beplan het om van my te skei nie.” Nicole was weer swanger toe haar man die bom laat bars. “Ek het hom gesmeek om my nie te verlaat nie,” onthou sy.

In ’n transkripsie van ’n telefoongesprek wat uitgelek het, kla Nicole oor Tom se afgetrokke houding teenoor haar. Sy frustrasie met haar het met tye in hewige woordewisselings ontaard wat nie vir een van die twee of vir die kinders goed was nie. Hy het eenvoudig nie verstaan wat Nicole van hom wou hê nie en dit het hom rusteloos gemaak.

“Ek weet wat ek het,” het Nicole hom verseker. “Ek het twee pragtige kinders en ek het ’n wonderlike verhouding met jou gehad. Dis iets wat ek nie wil verloor nie.” Nicole wou selfs ’n huweliksraadgewer gaan spreek, maar Tom het nie belanggestel nie. Die besluit wat hy geneem het, was finaal en hy het by die deur uitgestorm. Kort daarna het Nicole die baba verloor. Al was sy hóé desperaat om die huwelik te probeer red, het Tom se agent feitlik dadelik uitgeblaker dat hulle paaie gaan skei. Daarna was daar nie kans op versoening nie. Vir Nicole het dit gevoel soos die einde van die wêreld. “Sal ek ooit weer kan liefhê?” het sy platgeslaan gewonder.

As sy vandag terugkyk, besef sy dat ten spyte van die bohaai wat oor hulle huwelik gemaak is, Tom tog nie die groot liefde van haar lewe was nie. Sy is te jonk getroud en is aanvanklik net gesien as Tom Cruise se vrou. Eers later sou sy haarself bewys en as mens en aktrise in eie reg erken word. Toe sy ’n volwasse liefde vind, het sy besef dit kan nie met haar vorige huwelik vergelyk word nie.

Maar die egskeiding het sy tol geëis. Sy is ook die twee kinders ontneem wat sy en Tom aangeneem het en wat deur die jare wat sy hulle grootgemaak het, diep in haar hart ingekruip het. Die kinders was soos haar eie en sy en Tom sou na die egskeiding toesig deel. Maar hulle het by Tom gaan bly en sy het hulle al minder gesien. “Toe hulle ’n vakansie by my sou deurbring, is dit gekanselleer en is hulle na ’n Sciëntologie-kamp gestuur.” Dit het Nicole baie teleurgestel en ook bekommer – dis nie wat sy vir die kinders wou hê nie.

Tom se volgende vrou het Nicole se plek in haar kinders se lewens begin inneem. Om te sien hoe die kinders iemand anders as hulle ma begin beskou en van haar af weggroei, was vir haar ’n bitter pil om te sluk.

Tydens ’n televisieonderhoud het Nicole Kidman egter speels vertel watter verligting dit is om weer hoëhakskoene te kan dra – sonder om jou daaroor te bekommer dat jy bo jou korter man gaan uittroon. Gelukkig is daar in elke afskeid ook ’n mate van bevryding!

Category: 
Deel/Stuur

Single is só sexy!

$
0
0
enkellopend

Sommige van ons is nie bedoel om te in te pas nie. Jy is dalk een van daardie vroue wat die wêreld op sy kop moet draai en skud totdat jy jou eie plek gemáák het.

Min mense sukkel seker meer om iewers te hoort as enkellopende vroue. Jy is net nie meer lus om elke naweek saam met ʼn jolige lot vriende uit te gaan nie. Maar die laaste ding waarvoor jy kans sien is ʼn koek-en-tee saam met die susters of ʼn tupperware-partytjie. Wat moet jy in elk geval met tupperware doen? Die helfte van jou een bord kos in bêre?!

Dis net so moeilik om ʼn kuier tydjie gereël te kry saam met jou vriendinne wat kinders het. Tussen sport, skool en play dates is daar amper nooit tyd nie. As jy self ʼn enkel ma is – raak dit nóg meer gekompliseerd. Hoewel, dan kan jy darem so al om die kinderaktiwiteite met ander mense kontak maak, al is dit nie noodwendig jóú tipe mense nie ...

Vergeet ook enige oulike double date saam met jou beste vriendin en haar man – want jy het nie ʼn double nie. Die kerk waaraan jy behoort, weet ook nie regtig wat om met jou te maak nie. Die jeug- en studentegroepe is eintlik al plek waar enkelinge inpas. Dis nie asof jy ʼn ondersteuninggroepie nodig het nie. Maar wat van iemand wat jou leer hoe om ʼn wiel om te ruil of kredietkaartskuld af te betaal ... in plaas daarvan om jou te leer hoe om die perfekte man raak te loop, of om die perfekte vrou te wees – while you are waiting. Regtig?!

Jou plek in die familie is ook nie aldag so gerieflik nie. In plaas van ʼn oulike pienkbekkie moet jou ma tevrede wees met jou eiesinnige, afsydige kat. En die familievakansie saam met jou suster en haar gesin laat jou soos ʼn vyfde wiel aan die wa voel. Dis amper asof jou waarde so effens minder is – want wat het jy nou om te bied? So op jou eie en alleen?

Wel ... BAIE! Maar dit gaan jy en die res van die wêreld eers besef die oomblik as jy ophou probeer inpas. Want gedurende hierdie seisoen van jou lewe, kan jy soveel doen ... soos om te leer hoe ʼn wiel omgeruil word! Of om skuld af te betaal. Of om bloot die opwindende, vry mens te wees wat jy nou bedoel is om te wees.

In plaas daarvan om te wroeg oor jou alleenheid, vier dit! Niemand sê ooit vir jou wat jy moet aantrek of hoe laat jy by die huis moet wees nie. Jy kan eet net wat jy wil en die televisie se afstandbeer is joune! Daardie vakansie waaroor almal droom – jy kan gaan. Sonder om by een pretpark of golfbaan te stop. Jy kan rustig op die strand lê en lees, by elke stalletjie gaan stil staan en die fliek kyk waarvan jy hou. Selfs as jy kinders het, kan jy hulle subtiel ly om na jou pype te dans!

Wanneer jy alleen is, leer ken jy jouself soos wat jy gemaak is. Perfek en interessant. Nie baie mense kry hierdie kans nie. Gebruik dit om die beste persoon te word wat jy kan. Dit is nóú lekker en gaan later in jou lewe baie kosbaar wees. Want net as jy jouself goed genoeg ken, sal jy weet waar jy kan aanpas, en waar jy vasstaan.

Daar is ʼn besonderse skoonheid aan die lewensfase waarin jy nou is. En die oomblik wanneer jy dit besef, sal jy soveel geriefliker en minder eensaam wees. Jy sal besef dat jy nie ʼn baba of ʼn man of tupperware nodig het om gelukkig te wees nie. Jy het vryheid en onafhanklikheid – ʼn silwerskoon bladsy waarop jy jou wonderlike lewensverhaal kan begin skryf. Dalk is die tyd wanneer jy nie inpas nie, glad nie so ʼn slegte ding nie. Dit leer jou moontlik dat die soeke na “behoort” nie regtig veronderstel is om jou te leer hoe om te “behoort” nie – maar hoe om ʼn groter, beter, brawe lewe te hê.

En die beste ding wat jy nou kan doen, is om nie jou ore vir almal uit te leen nie. Onthou, elke mense het hulle eie struggle en niemand weet ooit regtig wat goed is vir jóú nie. Vergeet van ander mense se drome vir jou – jy leef jou eie lewe. Vertrou dit.

Deel/Stuur

4 superslim geldbesluite vir 2014

$
0
0
geld bestuur

Draai jy aan die begin van elke jaar jou sente om? Dan het die tyd aangebreek om beheer oor jou finansies te neem. Hier is vier stappe wat ’n einde aan jou kerkmuisbestaan kan maak.

Volgens Gerrit Viljoen, finansiële adviseur by Ultima Financial Planning, kan dit jou selfs tot in Maart neem om na ’n spandabelrige vakansie finansieel te herstel.

“Hoe gouer jy beheer oor jou geldsake neem, hoe beter gaan jou finansiële keuses wees en hoe sterker jou finansies,” sê Gerrit.

1. Weet jy wat op jou bankstate staan?

Lees jy elke maand jou bankstaat noukeurig deur of gooi jy dit in die asblik en vergeet daarvan?

“Ek het self in hierdie slaggat getrap,” vertel Gerrit. “Vir ses maande het ’n debietorder van R120 deurgegaan waarvan ek niks geweet het nie. As jy dit nie binne drie maande agterkom nie, kan jy nie jou geld terugeis nie.”

Wees bedag daarop dat die manier waarop jy ’n transaksie doen, die bankkoste kan beïnvloed. Aanlyn transaksies en dié by kitsbanke se koste is dikwels laer as in die bank.

BESLUIT OM JOU BANKSTATE DEEGLIK TE LEES
Gaan jou bankstate aan die einde van elke maand noukeurig deur. So merk jy probleme vroegtydig op. Dit kan jou ’n klomp geld op lang termyn spaar. As jou bankkoste te hoog is, kan jy dit oorweeg om van rekening of bank te verander of om jou transaksies anders te doen. Lees ook die fyn skrif voor jy ’n nuwe rekening oopmaak om seker te maak daar wag nie enige verrassings soos hoë koste as jy byvoorbeeld kontant trek nie.

2. Moenie jou finansies aan iemand anders oorlaat nie.

Baie mense dink hulle het nie genoeg kennis oor finansiële sake nie. Hulle sal die besluit in die trustees van die pensioenfonds se hande los omdat hulle dink die trustees weet beter. Wat hulle egter nie weet nie, is dat die trustees die mees konserwatiewe opsie soos die Geldmark sal kies. Die kliënt kry dus nie die maksimum groei uit sy belegging nie. Dit beteken dat hulle baie minder geld gaan hê teen die tyd dat hulle aftree.

Dis baie belangrik vir elke persoon, man of vrou, om ingelig te wees oor hulle geldsake en om self besluite daaroor te neem.

BESLUIT OM JOU FINANSIËLE KENNIS OP TE KNAP
Besoek die webtuiste www.ultimafp.co.za. Daar is ’n sakrekenaar waarmee jy kan uitwerk of jy genoeg geld spaar en tot jou pensioenfonds bydra sodat jy voldoende groei daaruit kan kry.

3. Kyk weer na jou lewenspolisse en mediese fonds

As ’n mens na die advertensies op televisie kyk, lyk dit of jy nooit genoeg lewensversekering kan hê nie. Hoe meer, hoe beter. Reg?

Veral vir jong paartjies wat skuld op eiendom en motors begin aangaan, is dit belangrik om genoeg lewensversekering te hê indien een van hulle iets sou oorkom. Soos jy ouer word, kan te veel lewensversekering egter onnodig raak.

Dis ook belangrik om jou mediese fonds na te gaan en vas te stel of jy te min of te veel dekking het. Jonger mense het gewoonlik nie meer as ’n hospitaalplan nodig nie, maar namate jy ouer word, word groter dekking nodig. Neem egter alle faktore in ag, soos jou familiegeskiedenis van siektes, jou gesondheid, jou stresvlak en jou leefstylgewoontes voor jy besluit op ’n plan of ’n fonds wat vir jou die beste gaan wees.

NEEM JOU VOOR OM JOU POLISSE NA TE GAAN
Dit is belangrik om te bepaal presies hoeveel geld jy regtig tot aftrede nodig het indien jy of jou man iets sou oorkom, en dan van die onnodige lewenspolisse ontslae te raak. Jy kan eerder die ekstra geld gebruik om jou pensioenfonds aan te vul. Vind uit omtrent alles wat jou premies kan beïnvloed.

4. Weet jy of jy uitstaande skuld het?

Elke persoon kan volgens wet een keer ’n jaar gratis na hulle kredietrekord kyk. Baie mense besef nie dat hulle slegte skuld het nie. Dit kan baie moeilikheid veroorsaak as hulle krediet nodig het om byvoorbeeld ’n huis of ’n motor te koop. Slegte skuld bly gewoonlik ook lank op jou naam; dus moet jou doelwit wees om jou skuld so gou moontlik te vereffen sodat jy op ’n skoon bladsy kan begin. Mense met slegte skuld kan gewoonlik steeds skuld maak, maar omdat hulle as ’n hoë risiko beskou word, betaal hulle baie meer rente.

BESLUIT OM JOU SKULDGESKIEDENIS TE ONDERSOEK
Jy kan van webtuistes soos www.mytransunion.co.za, www.experian.co.za en www.xds.co.za gebruik maak om te sien of jou kredietrekord skoon is. Die goeie nuus is dat 70% van mense wat hulle kredietrekords aanvra, dit regkry om van ’n nadelige notering ontslae te raak. As jou naam in die rooi is, werk ’n plan uit sodat jy jou skuld so gou moontlik kan afbetaal.

Volgens Dee Lawler van TransUnion is daar ’n verifikasieproses wat jy moet volg om te bepaal of dit regtig jy is. Dus kan jy nie iemand anders se kredietrekord aanvra nie. As jy slaag, kry jy toegang tot jou rekord. As jy nie die verifikasie slaag nie, word daar van jou verwag om Fica-dokumentasie in te dien.”

As jy moeg is daarvan om elke jaar platsak te wees of jou dood te bekommer oor jou aftrede, is dit nou tyd om beheer oor jou finansies te neem. Lees artikels oor finansiële sake, gaan spreek ’n goeie raadgewer en raak ontslae van slegte skuld en onnodige polisse.

Slide Show Title: 

4 superslim geldbesluite vir 2014

Slide Show Intro: 

Ruk jou finansies in ’n japtrap reg!

Deel/Stuur

Hoe jy jou kurwes met trots kan wys

$
0
0
ilse fourie

Ilse Fourie was ’n landswyd bekende onderkleremodel toe haar voorliefde vir kook haar loopbaanrigting verander het. Sy vertel hoe jy kurwes sexy kan maak.

Skoonheid gaan oor proporsies, nie oor die skaal nie

Dis ironies, maar ’n mens raak eers gemakliker met jou lyf wanneer die selluliet op sy ergste is en ouderdom veroorsaak dat alles wat óp was, afsak. Mense dink ek is kleiner as wat ek is (ek dra grootte 14!), maar my proporsies vertoon so. Op die kruin van my modelloopbaan (onder meer as die meisie in ’n roomysadvertensie, nogal) het ek mal kitsdiëte gevolg en met behulp van eetlusdempers etes oorgeslaan. Ek wens ek het toe geweet dat ’n uurglasfiguur mooi is – selfs al dra jy nie nommer 6 klere nie. Die helfte van die kykers na my kykNET-kookprogram is mans en ek dink nie dit is omdat hulle noodwendig van kosmaak hou nie! Mik daarvoor om jou figuur in proporsie te hou, met kurwes en al, eerder as om te fantaseer oor rietskraal wees. Werk daaraan om ’n middeltjie te hê.

Span ’n roller en ’n borsel in teen selluliet

Ek het in my dertigs met selluliet begin sukkel en gou ontdek daar is ongelukkig geen vinnige regmaker nie. Swak leefstylkeuses vererger die lemoenskilvoorkoms van jou vel, so, as jy hierdie faktore kan verminder, kan jy jou vel se voorkoms verbeter.

DOEN ENDERMOLOGIE Dit is ’n instrument met rollers wat die skoonheidsterapeut oor die selluliet-areas masseer. Die intensiewe massering sal bloedsomloop na die gebiede met “haelskade” verbeter en limfdreinering bevorder sodat jou vel gladder kan word. Die behandeling is pynloos.
SKROP JOUSELF Dit help beslis om gereeld jou vel met ’n lekker skropmiddel af te skuur of gebruik sommer daardie growwe handskoentjies. Dit stimuleer die vel se kollageenproduksie. Hoe fermer jou vel lyk, hoe minder opvallend is die selluliet.
BAD IN WARM SJOKOLADE As Cleopatra in melk kon bad, kan jy in sjokolade bad! Ek is lief vir badsout en veral tuiskonkoksies. Ek tap graag ’n bad met ’n houertjie room en ’n koppie kakaopoeier daarby gevoeg en ontspan dan, omvou deur die lieflike geur van sjokolade. Die room versag jou vel, terwyl kakao ’n stimulant is wat jou vel verkwik.

Sorg net so goed vir jou borste as vir jou gesig

As ’n mens met ’n boervrouboesem geseënd is, moet jy hou by ’n goeie bra met genoegsame ondersteuning, veral wanneer jy oefening doen. Gereelde borsondersoeke is belangrik asook sonskermroom. Ek het nooit besef hoe erg sonskade op jou hals en bors gaan wys wanneer jy eers ouer geword het nie; daarom is sonskermroom op hierdie area uiters belangrik. Velsorg vir jou borste is net so essensieel as wat dit vir jou gesig is. In ’n land van sonaanbidders en vroue wat daagliks parfuum aan ons nek en borsgleufie spuit, behoort ons des te meer hiervan bewus te wees. Ek sorg dat my gesigroom my nek en hals bedek.

Ilse se foto deur Johan Wilke. Hare en grimering Carl Isaacs by Bird on a wire agentskap.

Deel/Stuur

’n Dorpie met die naam van Swartwittens

$
0
0

In die klein dorpie van Swartwittens, is die lewe eenvoudig. Die huisies is almal klein en wit en die strate is almal swart met wit lyne. Daar waar alles swart en wit is, staan niemand ooit uit nie.

Die De Wit gesinnetjie bly al lank in Swartwittens. In die voorportaal hang ’n pragtige groot gesinsfoto van Pappa, Mamma, boetie en sussie in swart en wit. Almal lyk so ongelooflik gelukkig!

Elke dag klim meneer De Wit met die regte voet uit die bed en maak vir hom ’n lekker sterk koppie swart koffie. Hy gaan sit op die stoep in sy swart aandjapon en lees die waarheid wat hy in die koerante lees, want dit staan immers vas, swart op wit.

Volleerd en alwys, staan hy op en gaan maak vir mevrou De Wit wakker met ’n soentjie op haar voorkop, terwyl sy, o so beeldskoon met haar swart wimpers op die wit satynkussing ontwaak.

Nadat die De Wit gesinnetjie die nuwe dag begroet met ’n koninklike ontbyt, klim meneer De Wit in sy luukse swart sedan om sy pragtige twee kinders na die skooltjie toe te neem waar hulle van regs na links oor die swart en wit sebrastrepe stap. Meneer De Wit werk by De Wit, Swart en vennote. Elke dag op pad werk toe, luister hy na sy gunsteling Afrikaanse sanger se treffer, “Wit vlaggie”, terwyl ’n swart taxibestuurder vriendelik vir hom wuif vanaf die anderkant van die wit streep.

Elke more, stiptelik om tien voormiddag, ontmoet mevrou De Wit haar ewe pragtige vriendinne by die Swartwittens gimnasium. Hulle hardloop die witwaks uit daai swart loopmeule uit! Daarna gaan geniet almal ’n glasie witwyn saam met ’n lekker groot sny swartwoudkoek.

Mevrou De Wit werk nie self nie, maar sy ag dit tog belangrik om verskillende liefdadigheidsprojekte met haar vriendinne te bespreek terwyl iemand haar lang blonde hare met ’n swart haardroër droogblaas by die haarkapperboetiek in die dorp.

In Swartwittens is die lewe ’n juigkreet van liefde, vrede en vreugde. Die bo-verstandelike saligheid van ’n normale lewe heers in totale harmonie met die onmiddellike natuurskoonheid. Hier is die absoluut beste mediesehulp beskikbaar teen bekostigbare pryse of selfs gratis vir elke inwoner. Die onberispelike en voorkomende sekuriteit hou die strate veilig vir vroue sowel as kinders en die siviele eise wat wel in die stil sale van die landdroshof beland word op ’n eerlike en regverdige basis beoordeel, op grond van ’n vaste stel wit of swart reëls.

Wat ’n doek vol bababollie!

As jy op jou geografiese kaart gaan kyk, sal jy sien dat daar nie ’n dorpie soos Swartwittens bestaan nie. Nêrens in Suid-Afrika nie. Nêrens in die hele wêreld nie.

Jy woon nie in ’n wêreld waar dinge swart en wit is nie. Jy wat hier lees is deel van ’n reënboognasie. Uniek, lewendig, en – of jy nou wil of nie – jy sal nooit kan wegkruip of verdwyn in ’n eendimensionele samelewing nie. Jy staan, vir altyd sonder enige verskoning of kamoeflering, kleurvol en in 3D uit vir almal om te sien!

My punt is dit: ons almal droom van ’n “normale” lewe. Nie te veel nie, maar ook nie te min nie. Maar tog, bestaan daar nie so iets soos ’n normale lewe nie, en bo-en-behalwe dit, sou so ’n lewe doodeenvoudig boring gewees het. Aanvaar jou eie lewe, so kleurvol as wat dit mag wees en maak die beste daarvan.

Wysheid op ’n pakkie suiker: “When the prophet, a complacent fat man, arrived at the mountain-top, he cried: ‘Woe to my knowledge!
I intended to see good white lands, And bad black lands – But the scene is grey.’” - Stephen Crane

Pierre Vee

Foto deur Rika Botha

 

Category: 
Deel/Stuur

Finesse reisklub April 2014

$
0
0
reisklub

Die nuwe jaar is in volle swang, maar dit voel of jou vakansie twee jaar gelede was! As jy oorweeg om ʼn bietjie te ontspan gaan hierdie plekke jou asem wegslaan!

Dramatiese en skouspelagtige bederf in Dullstroom

Vanaf R1 450 per persoon wat deel vir 2 nagte
dunkeld_country_estate.png(selfsorgeenheid)
Pryse geldig vanaf 1 Mei – 31 Oktober 2014

Dunkeld Country Estate is ’n luukse forel- en wildreservaat. Die kompleks bestaan uit 13 luukse kamers, 4 privaat selfsorg-gesinsuites en 20 gerieflike selfsorg-chalets. Die kombinasie van ongerepte skoonheid, hoë standaarde, ware Suid-Afrikaanse gasvryheid, uitstekende persoonlike diens en professionele personeel maak Dunkeld Country Estate ’n merkwaardige vakansiebestemming vir die hele gesin.

** Hierdie pakket is slegs geldig vir persone wat in Suid-Afrika woonagtig is. Bewys van ’n geldige ID kan vereis word. Nie-SA inwoners, kontak asseblief ons oproepsentrum of e-pos ons tariewe-afdeling.
**Tariewe sluit alle items van ’n persoonlike aard uit (soos drankies, wasgoed, parkering, fooitjies).

Skilderagtige Franschhoek se sjarme

Vanaf R3 900 per persoon wat deel vir 2 nagte (bed & ontbyt)
le_franschoek.pngDie aanbod sluit retoervlugte vanaf Johannesburg, (geskatte) belasting, verblyf en etes in soos aangedui asook motorhuur.
Pryse geldig vanaf 1 Mei – 31 Oktober 2014

Die gesofistikeerde sjarme van Le Franschhoek Hotel & Spa is die ideale basis van waar jy die Kaapse Wynroete kan verken. Die ruim, elegante kamers en suites is die essensie van sjarme en sofistikasie. Drie restaurante, waaronder die Le Verger, en die buitelug-eetkamer, maak hierdie hotel ’n unieke eiendom in die Wynland.

** Hierdie pakket is slegs geldig vir persone wat in Suid-Afrika woonagtig is. Bewys van ’n geldige ID kan vereis word. Nie-SA inwoners, kontak asseblief ons oproepsentrum of e-pos ons tariewe-afdeling.
**Tariewe sluit alle items van ’n persoonlike aard uit (soos drankies, wasgoed, parkering, fooitjies).

Seeplesier by spoggerige Mauritius-oord

Vanaf R8 560 per persoon wat deel vir 7 nagte
veranda_palmar_beach.png(“all-inclusive meal basis”)
Die aanbod sluit retoervlugte vanaf Johannesburg, verblyf en etes in soos aangedui en retoervervoer vanaf die lughawe na die hotel.
Pryse geldig vanaf 1 Mei – 19 Junie 2014

Met kristalhelder water en ’n spierwit strand nooi Veranda Palmar Beach jou om ’n vakansie by die see te geniet.
Dis ideaal vir gesinne, paartjies of vriende! Die hotel beskik oor 76 kamers, 2 restaurante, insluitende een op die strand, twee kroeë, ’n kinderklub en ’n sauna.
Saam met hierdie idilliese prentjie verseker die sorgsaamheid van die personeel jou van ’n onvergeetlike paradyservaring!

** Hierdie pakket is slegs geldig vir persone wat in Suid-Afrika woonagtig is. Bewys van ’n geldige ID kan vereis word. Nie-SA inwoners, kontak asseblief ons oproepsentrum of e-pos ons tariewe-afdeling.
**Tariewe sluit alle items van ’n persoonlike aard uit (soos drankies, wasgoed, parkering, fooitjies), asook lughawebelasting van ongeveer R3 300 per persoon.

Een-keer-in-’n leeftyd-ervaring in Chobe

Vanaf R9 760 per persoon wat deel vir 3 nagte
cresta_mowana_safari_resort.png(bed en ontbyt)
Die aanbod sluit retoervlugte vanaf Johannesburg, verblyf en etes in soos aangedui en retoervervoer vanaf die lughawe na die hotel.
Pryse geldig vanaf 1 Mei – 31 Julie 2014

Op die oewer van die magtige Chobe-rivier lê die luukse vierster Cresta Mowana Safari Resort & Spa. In hierdie rustige omgewing sal jy net die beste in persoonlike “Afrika-styl” diens beleef. Beide die Serondella-restaurant en die Savuti-skemerkroeg spog met ’n uitsig oor die Chobe-rivier en die Namibiese vloedvlaktes, die heel beste plek om teen skemer te kyk hoe die oorvloedige wildediere bymekaarkom.

** Hierdie pakket is slegs geldig vir persone wat in Suid-Afrika woonagtig is. Bewys van ’n geldige ID kan vereis word. Nie-SA inwoners, kontak asseblief ons oproepsentrum of e-pos ons tariewe-afdeling.
**Tariewe sluit alle items van ’n persoonlike aard uit (soos drankies, wasgoed, parkering, fooitjies), asook lughawebelasting van ongeveer R3 300 per persoon.

 

Category: 
Deel/Stuur

Die mooiste Paasverhaal nóg

$
0
0
lees

As Christene is ons almal goed vertroud met die kruisiging en opstanding van Jesus. Jaco Thom maak dit nog ʼn tikkie meer persoonlik ...

god_se_storie.jpg

Kry jou uittreksel uit Jaco Thom se “God se storie” waar hy die verhaal van Jesus se kruisiging en opstanding in ʼn storieformaat vertel. Om werklik te dink wat deur almal se gedagtes gegaan het in daardie paar dae, loop jy vir ʼn paar minute in hulle skoene.
Kliek hier vir jou gratis uittreksel

Wil jy meer lees? Kry jou eie God se storie hier.

 

argilla_bak.jpg

WEN!
Droom jy ook oor maniere om kos makliker gaar te maak? Om gesonde, smaaklike kos vir jou gesin voor te sit, en nie papgekookte etes met min voedingswaarde nie? Lees nou die mooiste Paasverhaal, vul jou besonderhede hier onder in en jy kan ’n Argilla-pakkie ter waarde van byna R500 wen!

Slide Show Title: 

“Dit is volbring!”

Slide Show Intro: 

Beleef die Paasverhaal
soos nog nooit te vore

Deel/Stuur

Mandi Baard se babatee foto’s

$
0
0
mandi baard

Na tien ooievaarstee’s wat Mandi al gereël het, sou mens seker kon sê sy was ’n ekspert teen 13 April 2013 toe haar beurt uiteindelik aangebreek het.

Mandie_Baard_baba_1_0.jpg“Hier is ek saam met my twee mammas. My ma Magda (links) het soos alle belangrike geleenthede in my lewe van die Kaap af deurgevlieg om die ooievaarstee te kon bywoon. Aan die regterkant is my skoonma Bessie Baard. Jeandré se kamer het ’n skeepstema en almal moes ook so aantrek. My vriendin Heloise het die fotohoekie gemaak.”
Mandie_Baard_baba_2_0.jpg"Michelle Beling, wat saam met my as Candy in Egoli gewerk het en op die dag van Jeandré se geboorte met my hospitaal toe gejaag het, was natuurlik ook daar. Saam met ons is haar elfjarige dogtertjie Bella-Mae. Michelle is nou weer swanger met ’n dogtertjie!"
Mandie_Baard_baba_3.jpg"Ek en 'n paar naby-vriendinne: Heel links is dit Minette; Nadia; voor langs my Yolandi; agter links El-anne en Heloise. Ek moes onder andere vrae oor babas antwoord. As ek dan verkeerd was, moes ek Purity eet."
Mandie_Baard_baba_4.jpg

"Op hierdie foto is dit meestal familie: Heel links is dit Schalk se tannie Marietha, niggie Yolandi, ekke (soos julle kan sien), moederlief-Magda, Schalk se skoonsus Caryn en heel regs niggie Lize wat al die pad van George gekom het om die okkasie by te woon. Daar was seker 80 vroue dié dag. In ’n stadium het elkeen van ons na buite beweeg waar ons heliumballonne saam in die lug opgestuur het terwyl ons vir Jeandré gebedjies opgesê het."

 

Mandie_Baard_baba_5_0.jpg

"Ek word skoon hartseer as ek na hierdie foto's kyk en besef hoe geseënd is ek om sulke wonderlike mense in my lewe te hê. Een-en-twintig mense na aan my het elkeen ’n jaar gekry waarin Jeandré verjaar tot en met sy mondigwording. Hulle moes ’n boodskap vir daardie spesifieke lewensjaar skryf. Hulle het toe ’n tydkapsule gemaak en ek moet vir Jeandré op elke verjaarsdag daardie betrokke verjaardag se kaartjie lees. Is dit nie só spesiaal nie?"

In die eerste ry van links: Michelle, Rienie, Jackie, Celeste en Selmarie
Tweede ry van links: Sunet, WIlmien, Nadia, die uwe en Heloise.
Derde ry agter: Stefanie, El-anne en Lenandi

Mandie_Baard_baba_6.jpgEen van Jeandré se talle besonderse geskenke was ’n reuse-skilderdoek waarop alle gaste hul vingerafdrukke moes maak. Dié hang nou in sy kamer.
Mandie_Baard_baba_7.jpgKyk, aan kreatiwiteit ontbreek dit nie! Nog ’n geskenk was hierdie albums waarin elke gas ’n kaartjie met foto’s, ’n boodskap en gebed vir Jeandré gemaak het.

 

Deel/Stuur

’n Nuwe tiener in 7 dae

$
0
0
nuwe tiener in 7 dae

Bespreek vir ons tiener werkswinkel

 

Jy word uitgenooi na ons werkswinkel saam met Rodney Seale oor die tema, ’n Nuwe tiener in 7 dae. Jou tienerkind is jou grootste vreugde, maar soms ook jou grootste frustrasie en grootste bekommernis.

Aangebied deur

DR. RODNEY SEALE

Jy as ouer van ’n tienerkind het die uitdagendste en belangrikste taak in die wêreld en jy kán ’n sukses daarvan maak. Met hierdie werkswinkel kan jy al die kundigheid, al die lewenswysheid en die ervaring van Rodney Seale jou eie maak, sodat jou kind se tienerjare iets is wat julle nie net oorleef nie, maar ook geniet.

Rodney is ’n motiveringspreker met meer as 27 jaar ervaring in die veld wat al meer as 900 000 tieners se lewens geraak het. Dit is sy passie om tieners en hulle ouers te help.

rodney_seale.jpg
MEER OOR DIE TEMA

Miskien is jy ook ’n ouer wat wonder hoe om te reageer as jou kind op jou skree. Of jy lê snags wakker wanneer jou kind graag met ’n ou of ’n meisie wil uitgaan lank voor jý dink hulle is gereed vir ’n verhouding. Jy weet dalk nie hoe om jou kind naby God en die kerk te hou nie en wonder hoe jy jou tiener teen die gevare van alkohol, dwelms en negatiewe groepsdruk kan beskerm.

Dan is hierdie werkswinkel beslis vir jou!

tieners.jpg

lyn_3.png

Plek
Stone Cradle in Pretoria
Plot 72 Game Reserve Road,
Doornkloof
Pretoria
GPS koördinate:
S 25º 53’ 13.4”
E 28º 15’ 49.7”

Datum
Saterdag, 10 Mei

Koste
Teen slegs R200 kan jy hierdie onvergeetlike oggend by Stone Cradle in Pretoria bywoon. Ingesluit by die prys is verversings en ’n e-FINESSE intekening vir 12 maande (R216).

stone_cradle_1.jpg

kliek.png

 

Category: 
Deel/Stuur

Kan jy regtig lyftaal lees?

$
0
0
Category: 
Slide Show Title: 

Doen die lyftaaltoets

Slide Show Intro: 

Hoe sensitief is jy regtig vir dit wat mense nie sê nie?

Deel/Stuur

Wen ’n Samsung- lugversorger ter waarde van R7 500!

$
0
0
Samsung lugversorger

Geskik vir alle seisoene, gekoppel aan ’n 60% energie besparing... jy kan seker wees dat die lugversorger selfs van kieme in jou huis ontslae gaan raak.

1 gelukkige leser staan die kans om ’n lugversorger ter waarde van R7 500 te wen!

sumsung_lugversorger.jpgSamsung se innoverende reeks lugversorgers sal sorg dat jou huis koel is in die somer en snoesig gedurende die ysige wintermaande. Hierdie lugversorger gebruik nie net minder energie as konvensionele lugversorgers nie, maar bereik ook heelwat vinniger die temperatuur wat jy kies.

As deel van Samsung se “slim”- tegnologie verstel die lugversorger outomaties om by die omgewing aan te pas. So bly die temperatuur in die vertrek konstant vir maksimum gerief. Afgesien van die perfekte temperatuur heel jaar lank, is die lugversorger ook toegerus om die lug van alle bakterieë te suiwer. Die einde van yskoud, vuurwarm en sinusprobleme is in sig!

Om in te skryf, SMS die woord “Samsung” saam met jou naam en e-posadres na 33788.  (R1,50 per SMS)

Kompetisiereëls:

  1. Kompetisie sluit 30 April 2014.
  2. Wenners sal deur ’n trekproses gekies word.
  3. Wenners sal per foon of per e-pos in kennis gestel word.
  4. Die beoordelaars se besluit is finaal en geen verdere korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
  5. Die prys kan nie verruil word nie
  6. Personeellede van Caxton, Carpe Diem Media, hulle besigheidsverwante en advertensiemaatskappye en hulle direkte families sal nie vir die prys oorweeg word nie.
  7. Deur deel te neem aan die kompetisie stem jy in om in die toekoms korrespondensie van www.voelgoed.co.za te ontvang.
Category: 
Deel/Stuur

Kry fluweelsagte hande met hierdie room

$
0
0
hande

Daar is nie een enkele ding wat uitstaan wanneer ʼn vrou haarself versorg nie. Tog is sagte hande ʼn teken van vroulikheid en versorging.

rooibos_honey.png

HIPERBEVOGTIGEND

Milk Solutions Rooibos and Honey Nourishing Hand & Body Moisturiser (R225, verkrygbaar by skoonheidsalonne) bevat rooibos en Kigelia Africana, wat hande bevogtig met ’n teenverouderingswerking.

 

optiphi.png

BIED SONBESKERMING

Optiphi Renew Anti-Aging Hand TherapySPF20(R220, verkrygbaar by salonne en spa’s) beskerm jou hande, wat veral aan die son blootgestel word wanneer jy bestuur.

 

lamer.png

VERHOED OUMENSVLEKKE

La Mer The Hand Treatment (R895, verkrygbaar by uitgesoekte Edgars- en Stuttafords-takke) verhelder jou vel deur ouderdomsvlekkies ligter te maak. En dit herstel die droogste hande.

i_love.png

NIEKLEWERIGE FORMULE

I love ... Raspberry & Blackberry Super Soft Hand Lotion (R49,95, verkrygbaar by Red Square en Edgars) is ryk en voedend sonder om taai te voel.

 

bobbi_brown.png

LANGBLYWENDE WERKING

Bobbi Brown Extra Hand Cream (R325, verkrygbaar by uitgesoekte Edgars- en Stuttafords-takke) is ’n weelderige kelkie van ryk bestanddele wat hande langer sagter hou.

 

good_stuff.png

VERSTERK NAELS

Good Stuff Time On Your Hands Hand & Nail Cream (R21,99, verkrygbaar by Pick n Pay en Dis-Chem). Dit bevat keratien om jou naels sterk te hou.

Ons skoonheidsredakteur, Ryno Mulder, gesels elke maand op www.nuwejy.co.za oor die nuutste en beste mooimaakgoed. Die produkte op hierdie bladsy kan ook gewen word. Vul jou besonderhede hier onder in en jy is dalk ’n wenner!

Deel/Stuur
Viewing all 1496 articles
Browse latest View live