Quantcast
Channel: Voelgoed
Viewing all 1496 articles
Browse latest View live

Arno Jordaan: ’n Baie slim, splinternuwe pa

$
0
0

Jy kan jou seerkry oorwin

$
0
0
dit sal beter word

Wanneer jy sien hoe ander swaarkry oorwin het gee dit jou weer perspektief om jou eie pyn in die oë te kyk.

Daar is baie stories van vroue wat ondenkbare seer moes verwerk. As jy dit hoor, besef jy dat dit tóg moontlik is om weer jou kop op te lig en hoop te hê vir die toekoms.

Die mense in die Bybel is maar nes ons

Die Bybel is ’n boek vol praktiese wyshede, ook oor hoe om weer op te staan nadat jy geval het. Dis vol verhale van mense wat seerkry gewen het. Gewone mense wat met hulle geloof amper onbeskryflike lyding oorkom het. Hulle doen soms verkeerde dinge, ander kere regte dinge. Hulle gedra hulle soms sleg en ander kere weer verbasend goed!

Die één ding wat hierdie mense se stories saambind, is dit: Dit vertel hoe hulle ’n opstaanpad kon stap omdat hulle God se hand gevat het. Die verhouding wat hulle met Hom gehad het, het hulle sterk gemaak om lyding te oorwin.

Kom ons begin by die begin en neem sommer vir Eva as voorbeeld. Wat met haar gebeur het, is iets waarvoor elke vrou bang is. Sy verloor haar pragtige, gerieflike “huis”, die paradys. Dan moet sy alles net so los en op ’n ander plek, in moeilike omstandighede, van voor af begin.

Sy gaan sit egter nie in sak en as nie. Nee, sy gee vir haar kinders name wat haar aan die groot genade herinner, nie aan straf nie. Die name Kain en Abel verwys al twee na Een wat omgee.

Maar weer beleef sy groot hartseer. Kan jy dink hoe sy moes voel toe Kain vir Abel vermoor? Sy moet haar kind begrawe vir wie sy baie lief was! En watter teleurstelling dat haar seun so ’n verskriklike ding kon doen! Toe haar derde seun gebore word, noem sy hom Set. Want sy is dankbaar omdat sy uit genade nog ’n seun gekry het in die plek van Abel. So oorkom Eva haar verliese – deur maar net aan haar verhouding met haar Vader vas te klou.

Kry elke dag inspirasie uit ander se lewens

Ons kan ook leer hoe om lyding te oorkom deur die verhale van gelowiges vandag. Hierdie stories van die mense om ons, bevestig net weer die verhale van die Bybel. Daar is soveel gevalle waar mense opgestaan het nadat iets verskrikliks met hulle gebeur het.

Een vrou was maar 20 toe sy wreed deur drie polisiemanne verkrag is. Sy was by ’n geselligheid en die man saam met wie sy daar was, wou haar nie huis toe neem nie. Die polisiemanne het gesê hulle sou haar sommer gou gaan aflaai. Sy het hulle te maklik vertrou – dis wat sy immers van kleins af geleer is!

Hulle het tot by ’n verlate plek gery en haar daar verkrag. Sy is met ’n mes in die heup gesteek en haar wind is uitgeskop toe sy haar verset het. Hulle het haar uit die motor gegooi en net daar gelos. Tot vandag toe weet sy nie hoe sy by die huis gekom het nie.

Sy het daarna ’n verkragtingsaak aanhangig gemaak. In die hof is sy deur die boosdoeners se families gepootjie en hulle het gedreig om haar dood te maak. Gelukkig is al drie skuldig bevind en lewenslank tronk toe gestuur.

Na daardie verskriklike nag kon sy nie eet nie en het vyftien kilogram gewig verloor. Sy kon ook nie slaap nie en het aanmekaar nagmerries gekry. Eers na drie jaar se terapie kon sy daaroor begin praat.

Intussen het sy begin om haar lewe weer stuk-stuk aanmekaar te las. Sy is nou gelukkig getroud met haar sielsgenoot wat sy by die werk ontmoet het.

Dit_sal_beter_word_boek.jpgDaar was ook ’n diep gelowige vrou wat vigs gehad het. Sy het dit by haar man gekry, wat ook verskeie van haar vriendinne geïnfekteer het. Terwyl sy op haar sterfbed was, het iemand haar gevra om drie hoogtepunte in haar lewe te noem. Sy het gesê: “Die drie hoogtepunte van my lewe was om mense te kon liefhê, om te kon vergewe en om vrede te kon vind.” Sjoe! Dít is mos oorwinning!

Die boek Dit sal beter word deur prof. Christina Landman is beskikbaar in boekwinkels of aanlyn by voelgoedwinkel.co.za.

In die ou tyd het mense geglo die mooiste ding op aarde is om weer op te staan nadat jy geval het. Selfs al bly dinge om jou donker, lê die skoonheid daarin om jou ellende te oorwin. Hierdie boek gee praktiese riglyne om jou sterker en gesonder te maak in moeilike tye.

Category: 
Deel/Stuur

“Ek moes myself weer leer liefkry”

$
0
0

Hou op hardloop deur jou lewe!

$
0
0

Nagmerrie! Ek ry my susterskind dood

$
0
0

Kul of kuur? Werk hierdie produkte regtig?

$
0
0

Andries Enslin... gesinsman oppie plaas

$
0
0

Twiet-twiet jou pad deur die wêreld!

$
0
0

My oom Jan se worstrollie

$
0
0

Ek onthou nog my oupa se woorde so goed soos gister: “My kind, hoe ouer ek word, hoe meer besef ek, hoe min ek eintlik verstaan.”

Maar min dinge maak minder sin as die van Jan se worstrollie.

Oom Jan was aan daardie kant van die familie wat ons min gesien het. Sy vrou se naam was tannie Miggie. Ek weet nie hoekom nie.

Tannie Miggie het dinge aanmekaar gehou in daardie gesin. Sy was werklik soos ’n rots. Oom Jan kon ’n mooi vrou nie uitlos nie. Of dit sy liefde vir sjokoladelikeur, of die vrouens se lae halsies was wat daartoe aanleiding gegee het, is debatteerbaar. Maar een ding is verseker: oom Jan se lewenslus was so aansteeklik, dat hy op enige gewone dag drie dooies uit die dood uit kon opwek, deur net naby die lykshuis verby te loop.

Om by te dra tot sy absolute onmoontlikheid, was oom Jan ook besonders lief daarvoor om ’n poets te bak. Toe hy jonk was, het hy byvoorbeeld een Saterdagnag sy gryse ou moeder gebel en in ’n diep stem vir haar gevra of sy die ma van ene Jan is, wat sopas hier langs die Delmas-pad verongeluk het oppad huis toe van diensplig af. Sy pa het hom amper op agtienjarige ouderdom ’n loesing gegee. Nadat sy ma flou geval het gedurende die oproep, het sy pa nie ook self ’n bietjie daarvoor gegiggel nie.

Alle grappies was op ’n stokkie toe tannie Miggie een Sondagmiddag na kerk stil oorlede is. Dit was vir oom Jan ’n bitter swaar pil om te sluk. Soos jy kan dink, was hy nie eintlik die tipe wat sy tyd daaraan bestee het om te beplan vir die dag van môre nie.

Oom Jan kon nie anders as om by sy enigste dogter, Lizzie en haar ongeskikte dog ryk man, Andries te gaan woon nie. Daar het hulle hom in ’n klein kamertjie langs hulle kasarm van ’n huis laat woon, en hom gevra om die twee klein stout seuntjies op te pas as hulle uitgaan op ’n Saterdagaand. Meer en meer het hulle hul ou pa begin misbruik en sy werkies in en om die huis het vermeerder. Mettertyd het oom Jan se oë verflou soos die van ’n tier in ’n hok.

Die laaste strooi was een Woensdag laatmiddag toe Andries dringend ‘Witbank’ moes besoek vir IK-toetse. ’n Paar minute later het Andries vies vanuit die badkamer geroep dat die toiletpapier op was! Lizzie was nog by die skool vir bulletjie-rugby, dus het die takie oom Jan te beurt geval om na die naaste kafee toe te jaag. So vinnig as wat sy Datsun bakkie hom kon vat, het oom Jan gou ’n rolletjie gebring. ’n Vuilwerk welgedaan.

’n Halfuur later daag Lizzie by die huis op met ’n Checkers-sakkie. Lang storie kort: Andries het vir Lizzie per selfoon geskakel vanuit die toilet en haar laat verstaan dat hy volstrek weier om uit te kom, totdat hy ordentlike 2-ply toiletpapier in sy hande kry. Iets waarna oom Jan nie gelet het in sy haas nie.

Oom Jan het kort daarna die één ding begin doen waarmee hy goed was: braai. Hy het saam met Sollie van langsaan ’n staaltrollie gebou en by die mark gaan parkeer. Aan die begin het dit swaar gegaan, maar later het verkope mooi opgetel. Vandag staan daar op die punt van die mark ’n wit waentjie waarop groot swart letters geverf is: “Oom Jan se worstrollie”. Daar kan jy die heerlikste boereworsrolletjie koop! Maar hou jou oë oop, want as jy nie kyk nie, gooi oom Jan dalk vir jou ’n sterk brandsous oor.

Wysheid op ’n pakkie suiker: “In some darkened corner, an evil troll named Karma is rolling on the floor laughing, hysterically.” Belle Malory

Pierre Vee

Category: 
Deel/Stuur

Maak jou lewe na 40 nog beter!

$
0
0

Tieners grootmaak is nie so moeilik nie

$
0
0

Maak ’n unieke Vadersdag-glas met foto’s!

$
0
0

Die regte kuif is beter as Botox

$
0
0

Weg met olierige vel en hare!

$
0
0

Kom saam op ons bootreis!

$
0
0
bootreis finesse

Ai, die weelde van ’n sonstoel wat uitkyk oor die diepste blou see, en dit terwyl jy saam met jou vriendin aan ’n tropiese drankie teug.

Klink dit salig? Dis presies wat die Net-vir-die-Girls-bootreis op die MSC Opera vir jou inhou tydens die naweek van 6 tot 9 Maart 2015.
Die skip raak vinnig vol; maak dus seker jy bespreek sommer vroeg al jou plek, want:

JY KRY 40% AFSLAG

Vir almal wat vroeg bespreek en ’n deposito van R750 betaal, is daar ’n reusebesparing. Die koste beloop dan slegs R3 690* per girl wat ’n vierbedkajuit deel. Die balans is betaalbaar 60 dae voor ons vertrek, maar jy kan ook ’n debietorder teken wat sal verseker dat jy die hele bedrag betyds betaal.

HANNON BOTHMA GAAN SAAM!

Hoewel mans nie eintlik by ons girls se pret ingesleep word nie, is hy op lesersaanvraag daar. En as hy ons meer glamorous kan laat lyk, waarom nie?

Waarvoor wag jy? Stuur dadelik ’n epos aan bootreis@finessemag.co.za om jou plek te bespreek.

*Hierdie koste sluit in jou vaart, alle etes en vermaak op die skip, asook ’n FINESSE geskenkpak. Uitgesluit is jou vervoer na en van die hawe in Durban, jou drankies op die skip, hawebelasting, bagasieversekering en ’n diensfooi van ongeveer R600.

Category: 
Deel/Stuur

Jak de Priester: my vrou en rooibos-cappuccino

$
0
0

Is griep werklik so erg? Kenners gee raad

$
0
0

Kry jou bekommernisse só onder beheer

$
0
0

Is klimaatsverandering regtig ’n krisis?

$
0
0

Die lelike gesig in die spieël

$
0
0

Hoekom is dit so dat ’n mens net nie vrede kan maak met jou gesig op ’n foto, jou stem op ’n opname of jou lyf in die spieël nie? Lewe ons dan in ons eie sprokieswêreld?

Deesdae dink ek baie aan die woordjie “vergenoegd”. Dit is ’n gevoel wat stilswyend is, soos ’n portret van stil lewe in ’n ou Afrikaanse huis. Soos die geur van warm fudge wat in die kombuis hang. Soos warm koffie op ’n wintersmôre, wanneer jy vir die eerste keer in ’n baie lang ruk werklik kans het om agteroor te sit en dit stadig op te slurp, terwyl jy na die stoom se spookdans kyk. Niemand kan dit aan jou verduidelik nie. Niemand kan dit vir jou gee as jy dit nie het nie. Dis iets wat in jou binneste gebeur, wat niks met enige iemand anders te make het nie. Dit is genoeg. Daar is genoeg. Jy is genoeg.

My onvermoë om vergenoegd te wees, staar my daagliks vierkantig in die oë. Onlangs is ek gevra vir ’n onderhoud vir ’n bekende televisieprogram. Siende dat ek deesdae besig is met ander sake soos skryfwerk, fotografie en musiekoptredes, het ek lanklaas op televisie verskyn. Toe die tyd kom vir die uitsaai van die program, was ek vasgenael en gereed met springmielies voor die kassie. Daar, in die gemak van my eie sitkamer, het die onaansienlikste man met bakore en sakke onder die oë my in my huis kom aanval. Ek vermy oor die algemeen liewer ’n spieël, maar dié onooglike gesig met skerp detail van die onvermydelike waarheid, het my hard oor die kop kom slaan en ek het ’n paar pitte springmielies heel ingesluk.

En die gesig op die TV se stem! Goeie genugtig! Ek klink soos ’n sielsieke wat vergeet het wat hy wou sê – hakkelend, stotterend en… stadig.

Nadat ek die springmielies verruil het vir sterk drank en my vrou haar man moes vertroos soos ’n klein babatjie, het ek my lot begin aanvaar. Dis wie ek is. Dis hoe ander mense my sien. Dis die waarheid daarvan en daar is nie genoeg drank of sjokolade in my huis om die saak beter te maak nie. Al voel ek ook so, kan ek nie terugkruip in my moeder se maag en die fetus-posisie gaan inneem nie. Ek kan nie my oë toeknyp, aan my duim suig en wegkruip vir die wêreld daarbuite nie. Ek kan nie hergebore word as ’n filmster met ‘good looks’ nie. (Maar wat ek wel gaan doen is om vir die volgende paar weke met komkommers op my oë te gaan lê!)

Om vergenoegd te wees, is al wat oorbly. Dis ’n Godgegewe geskenk beskikbaar vir elke een van ons. Dis om ons oë toe te maak en ’n diep sug van verligting te gee. Dis om die son te voel skyn tot binne-in jou hart en weer liggies te glimlag. Dis om te aanvaar, om oor te gee, om te rus, om te weet en om te vergeet. Dis stilword, sterkword, herstelword, wysword en grootword. Dis vredemaak, losmaak, skoonmaak, regmaak en opmaak. Dit is genoeg. Daar is genoeg. Jy is genoeg en basta met wat die televisie sê!

Wysheid op ’n pakkie suiker: “At some point, you gotta let go, and sit still, and allow contentment to come to you.” ’n Elizabeth Gilbert, Eat, Pray, Love

Pierre Vee

 

Category: 
Deel/Stuur
Viewing all 1496 articles
Browse latest View live