Quantcast
Channel: Voelgoed
Viewing all 1496 articles
Browse latest View live

Gee jou kind só hoop – Lindie Strydom vertel

$
0
0

In vandag se lewe, in Suid-Afrika, is baie ouers moedeloos. Watter toekoms gaan ons kinders hê? Lindie Strydom gesels oor die hoop wat sy vir haar kinders het.

Deel/Stuur

Kom ons praat nie oor politiek nie

$
0
0

Onlangs was dit natuurlik weer tyd om ons kruisie te trek langs die party van ons keuse. Ons wag vier jaar lank vir hierdie geleentheid en ons staan soms in baie lang rye. En dan… hou ons asem op.

Ons drink ons boeretroos en ons hou asem op in die hoop vir vryheid, regverdigheid en demokrasie. Selfs al stel jy nie eintlik belang in politiek nie, kan jy nie help om die drie top partye onmiddellik op hulle ID foto’tjies te erken nie: ’n omie met ’n drie-vlak-kop, ’n tannie met ’n gladde botox voorkop, en ’n jongman met kwaai oë en ’n rooi baret op sy kop.

Daar is so baie dinge wat ek nie verstaan nie.

Ek ry op die snelweg tussen Johannesburg en Pretoria. Ek ry in die regterbaan teen die maksimum snelheid toegelaat deur Suid-Afrikaanse wetgewing – niks meer nie en niks minder nie. Voor my ry daar ’n man in ’n ou Isuzu-bakkie. Hy ry sewentig kilometer per uur, in die regterbaan. Dis waar hy ry en dis waar hy bly. Ek kan dit nie verstaan nie.

Uiteindelik links verby die Isuzu, weer in die regterbaan, weer ’n bakkie. Hierdie keer ’n splinternuwe Ranger-bakkie (waarvan die “R” al effe afgewas het) wat op my stert kom sit, want hy ry weer teen ’n honderd en tagtig kilometer per uur. Daar is motors aan my linkerkant – niemand kan links of regs nie – maar die Ranger flits sy ligte vir my omdat hy seker in sy persoonlike hoedanigheid voel dat elke voertuig op die pad, in die bosse moet inry om vir hom plek te maak. Ja, dit pas hom goed so. Ek kan dit nie verstaan nie.

Dan is daar ’n pophuis vol ander goed in hierdie lewe wat ek ook nie verstaan nie: die tannie wie se kind bly huil en skreeu op die toppie van sy stem, terwyl die tannie rustig en onbetrokke na die hoeveelheid kilojoules op die aartappelskyfies kyk. Die oom wat met sy kortbroek in die middel van die winter kerk toe kom. Sy vrou het die dikste trui op die mark aan, maar hy bestuur met ’n oop venster en ’n kaalarm wat uithang. Die buurman wat ongestoord vas slaap, terwyl sy steekhaarbrakkie die hele nag deur kêf. Die jong mamma wat nie oplet dat haar seuntjie twee lang kakiegroen strepe onder sy neus het nie. Die oppassertjie wat geld wil hê omdat hy seker gemaak het dat niemand jou voertuig steel by die winkelsentrum se onderdak-parkering nie (waarvoor jy per uur betaal). Die jong laitie wat sy skateboard by die staalreëling van die trap probeer afgly, net om met groot pyn en lyding weer aan vanoggend se roereier-ontbyt herinner te word.

Na hierdie verkiesing besef ek met skok, dat daar twee en sestig persent van mense in my vaderland is wat heeltemal anders as ek dink. Ek verstaan dit nie. In my kop is gesonde verstand mos gesonde verstand. Hoe kan al die ander mense nie die lewe verstaan en insien soos wat ek doen nie?

Die punt is dat daar altyd amper twee derdes van mense in die wêreld is, wat nie dinge sal sien soos wat ek dit sien nie. Ek sal daarmee móét vrede maak. Ek kan dit nie verander nie.

Wat ek wel kan verander is my eie klein wêreldjie. Ek sal my onafhanklike minderheidspersentasie moet verander in ’n honderd persent gelukkige een hier waar ek is. Let’s keep it straight and simple: dit begin by my. My huis is my vryheidsfront. My alliansie is met my vrou en my gesin is my kongres. Ek sal dinge vir myself moet mooi maak, regmaak, goedmaak. Dit is my politieke oortuiging.

Wysheid op ’n pakkie suiker: “The problem with all politicians is that they are human.” ― Steven Ivy

Pierre Vee

Category: 
Deel/Stuur

Projek Vadersdag

$
0
0
vadersdag

Vir elke 10 mans in die kerk …

Sukkel 10 om hulle werk en gesin te balanseer. Het 5 ’n ernstige probleem met pornografie. Sal 4 moontlik van hulle vrouens skei. Het net 1 ’n Bybelse uitkyk op die lewe.

Om ’n man te wees is nie maklik nie. Die lewe is vol spanning, uitdagings en taai tameletjies. Waar kry ’n man krag om dit nie net te oorleef nie, maar te oorwin? Met God se hulp en ’n man se eie wil om voluit te leef in jou geloof, gesin en die wêreld, is dit moontlik.

Laat 15 skrywers soos Riekert Botha, Andries Enslin en Jan de Wet jou inspireer om ’n MAN te wees…

  • Om ’n man van jou woord te wees
  • Om jou vrou as geskenk te koester
  • Om ’n pa duisend te wees
  • Om ’n opregte vriend te wees
  • Om jou werk met integriteit te doen
     

Gee vir elke man, pa en seun hierdie Vadersdag die boek Om ’n MAN te wees, en help hulle om te word wat God bedoel het hulle moet wees. Jy kan die boek ook in groter hoeveelhede teen spesiale afslag vir jou kerk, selgroep en manne-aksie bestel. Om te bestel, kliek op www.voelgoedwinkel.co.za

Bestellings vir groter hoeveelhede moet teen Maandag 19 Mei geplaas word, om betyds versend te word vir Vadersdag, Sondag 8 Junie.

 

Category: 
Deel/Stuur

Wen ’n Hannon makeover vir jou en ’n vriendin!

$
0
0
hannon makeover

As jy maar net geweet het hoe om jou hare te dra sodat dit heeldag perfek kan bly lê. Watter snit en kleur pas jou die beste? Hoe kry ander vroue die perfekte wimpers en ’n vel soos porselein? Hoe hou ’n mooi mond heeldag lank?

Jy droom hoe die gewilde Glam Guru, Hannon, jou kan transformeer. Jy kyk juis elke week hoe hy vaal en gewone vroue in ’n japtrap omtower in vroue wat die asem wegslaan.
Nou kan jy ophou droom. Vul eenvoudig jou vriendinne se besonderhede hier onder in en jy staan die kans om ’n professionele mooimaaksessie vir jou en ’n vriendin te wen.

Category: 
Deel/Stuur

Voelgoed-Doengoed Vrou 2014

$
0
0
Voelgoed-Doengoed Vrou
Dis goed om te inspireer, maar ons het gevoel dis nie genoeg nie. Vanjaar is dit ons missie om die vrou te vind wat haar moue oprol en doen! ʼn Vrou wat ʼn verskil maak en haar lewe met finesse lei. En jy word hiermee hartlik uitgenooi na ons Voelgoed doengoed vrou High tea op 19 Julie vanaf 14:00 tot 17:00. - See more at: http://www.voelgoedwinkel.co.za/kaartjies/funksies/voelgoed-doengoed-vro...

Dis goed om te inspireer, maar ons het gevoel dis nie genoeg nie. Vanjaar is dit ons missie om die vrou te vind wat haar moue oprol en doen!

En jy word hiermee hartlik uitgenooi na ons Voelgoed-Doengoed Vrou High tea op 19 Julie vanaf 14:00 tot 17:00.

Julle stemme is getel. Reëlings is getref, maar wie is die wenner? Is dit dalk Dianne Broodryk met haar betrokkenheid by “Good morning Angels”, Natasha Sutherland wat haar vryetyd aan “the heart foundation” skenk of dalk is dit Vinette Ebrahim met ʼn helpende hand by “Tackle the City for Charity. Ander genomineerdes soos Donnalee Roberts, Elma Smit, Lika Berning en talle ander gaan ook daar wees.

Hierdie spoggerige high tea is die ideale geleentheid vir jou en jou vriendinne om saam te geniet. Trek swierig aan en verf jou lippe rooi. Kom vier saam met ons vrouwees en omgee. Elke handeklap of spogprys is vir ’n vrou wat die eer waardig is.

Almal van ons geniet ’n koppie tee saam met ʼn vriendin, maar dié keer is dit bietjie anders. Kom geniet ʼn middag stampvol lekkernye. Daar gaan ʼn oorvloed wees van koek, tee, sjampanje, mooi rokke deur top ontwerpers en vermaak deur Elvis se seun. Plus jy is die eerste om te weet wie die wenners is.

Bespreek nou jou kaartjies vir die uithanggeleentheid in Pretoria by voelgoedwinkel.co.za.

Kostes beloop slegs R299 per persoon
Kaartjie sluit in:elvis_se_seun.jpg

  •   ʼn High tea ete by Stone Cradle
  •   ʼn Geskenkpak van FINESSE
  •   En die geleentheid om jou gunsteling Voelgoed Doengoed vrou geluk te wens.
  •   Mwah! en Elvis se seun vertoning

Ons kan nie wag om jou en jou vriendin te ontmoet (met julle spoghoede op) nie so bespreek nou!

Slegs 250 sitplekke beskikbaar.

Kliek hier om jou kaartjie te bespreek
 

Julle stemme is getel. Reëlings is getref, maar wie is die wenner? Is dit dalk Dianne Broodryk met haar betrokkenheid by “Good morning Angels”, Natasha Sutherland wat haar vryetyd aan “the heart foundation” skenk of dalk is dit Vinette Ebrahim met ʼn helpende hand by “Tackle the City for Charity. Ander genomineerdes soos Donnalee Roberts, Elma Smit, Lika Berning en talle ander gaan ook daar wees.

Almal van ons geniet ’n koppie tee saam met ʼn vriendin, maar dié keer is dit bietjie anders. Kom geniet ʼn middag stampvol lekkernye. Daar gaan ʼn oorvloed wees van koek, tee, sjampanje, mooi rokke deur top ontwerpers en vermaak deur Elvis se seun. Plus jy is die eerste om te weet wie die wenners is.

Bespreek nou jou kaartjies vir die uithanggeleentheid in Pretoria by voelgoedwinkel.co.za.

Kostes beloop slegs R299 per persoon

Kaartjie sluit in:

  • ʼn High tea ete by Stone Cradle
  • ʼn Geskenkpak van FINESSE
  • En die geleentheid om jou gunsteling Voelgoed Doengoed vrou geluk te wens.
  • Mwah! en Elvis se seun vertoning

Ons kan nie wag om jou en jou vriendin te ontmoet (met julle spoghoede op) nie so bespreek nou!

Slegs 250 sitplekke beskikbaar.

- See more at: http://www.voelgoedwinkel.co.za/kaartjies/funksies/voelgoed-doengoed-vro...

Dis goed om te inspireer, maar ons het gevoel dis nie genoeg nie. Vanjaar is dit ons missie om die vrou te vind wat haar moue oprol en doen! ʼn Vrou wat ʼn verskil maak en haar lewe met finesse lei. En jy word hiermee hartlik uitgenooi na ons Voelgoed doengoed vrou High tea op 19 Julie vanaf 14:00 tot 17:00. - See more at: http://www.voelgoedwinkel.co.za/kaartjies/funksies/voelgoed-doengoed-vro...
Category: 
Deel/Stuur

Die Enslin-gesin op die plaas

$
0
0

God sien jou geloof raak!

25 “Date” idees vir die wintermaande

$
0
0
date night

Moenie dat die winter julle afskrik wanneer dit by romanse kom nie. Dis juis die koue wat liefde warmer maak.

1. ʼn Winter Piekniek net vir twee

Wie sê jy kan nie in die winter piekniek hou nie? Lê 'n sagte kombers neer (dis ʼn bonus as dit voor die kaggel is) en pak 'n mandjie vol winter lekkernye soos Macaroni en kaas. Moenie die appeltert vergeet nie. (Geen vuurmaakplek? Dis waar jou verbeelding dan inkom)

2. Lekker hot chocolate en… (knipoog)

'n Normale beker warm kakao is altyd lekker, maar 'n beker met ietsie sterker is nog beter. Wit sjokolade, malvalekkers en ander winter lekkernye sal perfek wees saam jou spesiale hot chocolate.

3. ʼn Maraton om die hart te laat klop

Miskien nie. Dit is heeltemal te koud buite, maar ʼn fliek maraton klink baie beter. Kies ’n tema soos ʼn paar winter-reeks rillers of koue-weer tranetrekkers. Dan is dit tyd om onder ʼn paar warm komberse in te kruip.

4. Deel julle al twee ʼn liefde vir lees?

Stel mekaar voor aan julle literêre liefdes en maak julself gemaklik op die rusbank met dieselfde boek. Aan die einde van elke hoofstuk, kan julle oor die volgende gebeure bespiegel. Wie weet, dalk is dit mekaar se intellektualiteit wat die winter warm maak.

5. ʼn Paar ysskaatse om die ys te breek

Wat van ʼn uitstappie na jou plaaslike ysskaatsbaan om jou skaats vaardighede te toets? Niemand hoef te weet jy is eintlik ʼn pro nie! Nou het julle rede om heeltyd aan mekaar vas te hou.

6. Sjampanje is ideaal vir enige dag

Sjampanje se seisoen gaan baie verder as Nuwejaarsdag! Kry julle gunsteling bottel, voeg ’n paar aarbeie, bloubessies, of frambose by en vier enige dag wat met ’n “g” eindig.

7. Forte bou is nie net kinderspeletjies nie

Daar was ’n rede waarom jy lief was om forte te bou as kind. Gee jouself oor aan jou innerlike kind en bou een saam met manlief. Gebruik komberse en sommer ʼn paar Kersfees liggies om ʼn romantiese atmosfeer te skep.

8. Die koue kan ʼn mens ook laat sweet

Nie op die gewone manier nie! Vat jou man saam om wintersklere te koop. Jou doel: Vind truie wat so sag is dat dit amper lyk asof dit uit wolke bestaan. Neem dit huis toe en pas dit als saam aan. Ander klere is … wel, opsioneel.

9. ’n Warm wintersresep op ʼn koue aand

’n Ete wat ryk en bevredigend is, is ’n moet op ’n koue wintersnag. Dis ’n bonus as dit indrukwekkend lyk. Vir ʼn smaaklike Macaroni-en-kaas resep kliek sommer hier.

10. Winter aksie vir sportliefhebbers

Intense aanhangers en vinnige aksie, wintersport het die vermoë om jou harttempo te laat styg. Neem jou manlief na ’n tuiswedstryd van jou keuse of stel ’n datum vas en kyk dit sommer by die huis saam met vriende.

11. Skattejag, want dis wat ons jonk hou

As kind was skattejag baie opwindend. Wel, wat van ʼn volwasse weergawe saam met manlief? En jy hoef nie eens jou huis te verlaat nie!

12. Die winter bring vir ons groot pret

Dalk sneeu dit weer die jaar! Gebruik die geleentheid vir ʼn sneeugeveg. Maak ʼn paar reëls en die een wie wen kry natuurlik ʼn spesiale iets. As dit sneeu nie in jou dorp is nie, word dit ʼn heerlike dag uitstappie. Wat is lekkerder as ʼn warmfles met koffie terwyl julle die sneeu gaan uitsnuffel?

13. ʼn Lekker warm borrelbad is ʼn moet

Na ’n koue ekspedisie is ’n borrelbad presies wat ’n mens nodig het om te ontspan. Gebruik lekkerruik seep soos vanielje en heuning. ’n Paar kerse om die bad skep ook ʼn romantiese atmosfeer.

14. Hout is al wat jy nodig het vir vuurmaak

So jy het nie ʼn romantiese kaggel nie? Dis geen probleem nie! Maak ʼn lekker groot bonfire buite. Met ʼn paar komberse, ʼn wolmus en warm drankie kan julle heerlik onder die sterre cuddle!

15. ʼn Spa date sommer by die huis

Wanneer die koue ons spiere laat pyn is daar net een oplossing. ʼn Lekker massering. Julle kan dit sommer self doen of ʼn spa-dag reël. Manlief het nie ʼn keuse nie.

16. Eet iets soets vir ʼn suur dag

Ons almal is altyd lus vir iets lekkers in die winter en roomys is definitief uit. Braai ʼn paar marshmallows en druk dit in gesmelte sjokolade. Dit maak die koue weer soveel soeter.

17. Somer kom kuier in die winterseisoen

Wanneer die wintermaande jou regtig onder kry, verbeel jou jy hou ʼn tropiese vakansie saam met jou geliefde. Smoothies en ysige vrugte sappies help om jou verbeelding te realiseer. (Moenie die klein papier sambreeltjie vergeet nie!)

18. Raak van voor af verlief op mekaar

Bespreek kaartjies by ’n teater, opera of orkes vertoning en pronk in jou beste wintersuitrusting. Dit is tog lekker om vir ʼn slag mooi te maak. Julle sal beslis met nuwe oë na mekaar kyk.

19. Warm op met ʼn paar danspassies

Saam dans vir geen rede nie, is een van die mees romantiese dinge wat jy kan doen. Maak ’n playlist van betekenisvolle liedjies, en verbeel jou jy is die heldin van jou eie romantiese komedie.

20. ’n Adrenaline uitstappie in ʼn ander land

Wat van ʼn ski vakansie in Italië? Dink net aan hoe baie julle vir mekaar sal lag wanneer julle besef dat ski nie so maklik is soos wat dit lyk nie. Hou maar styf vas aan mekaar. Net die gedagte daarvan sal jou laat glimlag.

21. Vir almal is bordspeletjies hope pret

Hy mag dalk dink hy is die meester wanneer dit kom by Scrabble, maar jy kan hom verkeerd bewys. Enige speelgoedwinkel sal voorraad hê van jou gunsteling bordspeletjies soos Monopoly en Dambord. Koop ʼn paar en wys hom wie is baas.

22. Oefen saam en word superfiks

Navorsing bewys dat wanneer ʼn mens saam oefen maak dit ook jou verhouding met jou geliefde sterker. Nou is daar geen rede om nee te sê vir oefening nie.

23. ʼn Bucket list vir meer opwinding

Maak’'n lys van “moet doen”-dinge wat julle wil bereik tydens julle huwelik. Sit hierdie lys sommer teen jou yskas op en gebruik dit as ’n date night-gids vir onvergeetlike dae saam.

24. Lag lekker met ʼn bietjie foto pret

Neem julle eie grappige selfies. Trek ʼn paar snaakse gesigte en wees lekker laf saam – net soos in ʼn fotohokkie. Dit kos in teendeel niks, behalwe seer maagspiere (van al die lag) nie ...

25. Liefdesbriefies is ideaal vir die toekoms

Skryf liefdesbriewe wat vir die ander persoon 10 jaar van nou af is. Lees hulle vir mekaar en bêre dit op ʼn veilige plek. Oor 10 jaar gaan julle geniet om dit weer saam te lees.

Bron: www.self.com

Slide Show Title: 

Koue hande, warm liefde

Slide Show Intro: 

25 "date" idees vir die wintermaande

Deel/Stuur

Kies reg vir jou kind se toekoms

$
0
0
Wilma van der Bijl

Vir Wilma van der Bijl is die moeilikste ding omtrent ma-wees die besluite wat sy moet maak wat haar kinders se toekoms beïnvloed.

Ek en my man probeer om…

…soveel tyd moontlik saam met ons kinders deur te bring. Toe hulle jonger was, het ons saans vir hulle Bybelstories gelees en gebid. Ons het ook gereeld ma-en-dogter- of pa-en-seun-geselsies gehad waar ons ons geheime met mekaar gedeel het. Dan ruil ons weer om en ander geheime word vir mekaar vertel.

Dit is vir my belangrik om…

…vas te staan by ons standpunt oor wat reg en verkeerd is. Ons praat nou al met die kinders oor die nadele van rook en dwelms. Ek leer hulle ook oor die belangrikheid daarvan om gesond te eet en te drink, maar dat hulle ook daar keuses het.

Binne die grense van ons huis…

…lê ons gesinsgeluk. Hierdie grense kan tydelik groter of kleiner raak na gelang van ons omstandighede of tragedies. Maar die kern van wat ons vir mekaar doen en die keuses wat ons as gesin maak, en hoe ons met mekaar omgaan, is so tuisgemaak as kan kom. As jou kind redelike riglyne het, sal sy jou alles vertel wat in haar lewe gebeur.

Ek vertrou dat hulle gevoel…

…hulle sal lei as hulle nie gelukkig is met ’n situasie nie sodat hulle self die besluit sal kan neem en die regte keuses sal kan maak. En ek hoop dat hulle sal nadink oor die situasie waarin hulle hulle bevind en wat die gevolge van hulle keuse sal wees.

Ek is ’n gedissiplineerde en konsekwente ma wat glo…

…’n kind moet weet waar sy perke is, want dis vir my belangrik dat hulle weet dat hulle by hulle besluite moet hou. As hulle maats genooi het, sal ek sorg dat my kinders doen wat die maats verkies. Dit was hulle keuse om maats te nooi en dan moet hulle daarby aanpas.

Kinders moet weet dat elke besluit…

…wat hulle neem, ’n reaksie het en dat hulle moet weet daar sal gevolge wees. As daar ’n stryery in die motor is, sal ek hulle vertel watter gevolge dit kan inhou: Iemand gaan seerkry of kwaad word, ek gaan omdraai en op hulle gil en dan is almal vies vir mekaar.

Ons is vir baie lank die rolmodel…

…in ons kinders se lewe. Ek dink ’n kind moet altyd met die mense om haar eerlik wees oor haar gevoelens. Sy moet kan sê wat sy regtig wil hê en wat haar behoeftes is. Daarom moet sy nie net ’n keuse maak omdat haar boetie sê hulle gaan iets doen en dit dan ook doen nie.

Ek leer my kinders dat…

…liefde groter as enigiets anders is: die voorreg en vermoë om te kan liefhê en liefde te ontvang. Ek hoop, deur aanmoediging en erkenning van ons kant af, dat hulle uniek en spesiaal sal wees en dat hulle die nodige selfvertroue sal opbou. Verder ook dat hulle drome sal koester en dat dit alles eendag tot twee gelukkige mense sal lei.

Deel/Stuur

10 kosse om te eet teen griep

$
0
0
griep

Daar is min dinge so ongerieflik soos griep en verkoue. Het jy geweet hierdie kos kan dit beter maak?

Ysstokkies

ʼn Ysige roomys doen wonders vir ʼn seer of droë keel. Wanneer jy verkoue veg is hidrasie baie belangrik. Genoeg vloeistof kan slym verdun en ook opeenhoping verminder. Om seker te maak jy kry die noodsaaklike voedingstowwe in en nie net suiker water nie, soek vir ysstokkies wat 100% vrugtesap bevat. Appel, druiwe of aarbei geure is altyd lekker.

Kalkoenbroodjie

Turkye is 'n goeie bron van proteïne wat oor die algemeen noodsaaklik is vir ons almal. Wanneer jy siek is en nie lus vir eet nie, moet jy in gedagte hou dat jou liggaam energie nodig het om teen siektes te veg. Cranberry sous is ideaal om jou toebroodjie mee op te kikker.

Groente sap

Die laaste ding wat jy wil doen wanneer jy siek is, is slaai maak. Probeer liewer ʼn lae natrium groente sap. Jy sal definitief jou immuunsisteem ʼn boost gee met antioksidante. Lus vir ʼn bietjie soetigheid? 100% vrugtesap is ook ʼn goeie opsie.

Hoender sop

Hoender sop werk goed vir voeding en hidrasie, daar is ook 'n paar wetenskaplike bewyse dat dit met genesing en ligte anti-inflammatoriese effekte help. Studies bevind dat warm hoender sop die vermoë van silia, die klein haaragtige dele van die neus, wat die liggaam teen bakterieë en virusse beskerm, verbeter.

Knoffel

As jy daarvoor lus het, is knoffel altyd ʼn goeie keuse om jou kos op te kikker. Dit blyk dat dit antimikrobiese en immuun-stimulerende eienskappe het en mag jou verligting van daardie toe neus.

Gemmer

Maagpyn? Naarheid? Gemmer is 'n huismiddel wat dikwels gebruik word om hierdie simptome te verlig. Sommige studies dui daarop dat dit help om inflammasie te beveg. Voeg vars gerasperde of gepoeierde gemmer by jou kos. Jy kan selfs gasvrye gemmerbier drink.

Warm tee

Groen en swart tee bied antioksidante wat siektes veg. Wanneer jy die stoom inasem verlig dit blokkasies. Voeg 'n lepel heuning of 'n bietjie suurlemoen by om te help met die seer keel. As kafeïen vir jou ʼn probleem is, kies kafeïenvrye tee.

Piesangs

Gesnyde, fyngemaakte, of heel piesangs is maklik verteerbaar. Dit is juis die soort kos wat ideaal is as jy getref word met simptome soos naarheid, braking, en diarree jou tref. Hierdie simptome kom gereeld voor wanneer kinders griep het. Piesangs, rys, appelsous, en roosterbrood, maak die “BRAT– dieet” – dikwels is dit die eerste kos wat dokters aanbeveel wanneer jy van maag griep herstel en gereed maak vir vaste kos.

Roosterbrood

Alhoewel dit heel laaste op die “BRAT -dieetlys” is, is roosterbrood nie iets om te ignoreer nie. As jy jou eetlus weer terug wen is roosterbrood of beskuitjies gerieflike kos wanneer jy siekte veg. Dit gaan ook goed saam met hoender noodlesop. Die bevredigende kraak van hierdie kos help so ’n bietjie met hongerpyne, veral wanneer jou maag nie veel kan hanteer nie.

Maaltyd vervangers

As jy nog steeds nie jou eetlus terug het nie, probeer een van hierdie om seker te maak jy kry nog die belangrikste voedingstowwe en kalorieë in. Kyk vir laktose-vrye drankies met ten minste 6 g proteïen en wat nie te veel suiker bevat nie. Geure soos aarbei en sjokolade maak dit makliker om die noodsaaklike vitamiene, voedingstowwe, en kalorieë in te neem.

Bron: www.webmd.com

Slide Show Title: 

Griep of verkoue?

Slide Show Intro: 

Die 10 kosse kan jou
vinnig laat beter voel

Deel/Stuur

Blaai deur die Jordaan foto-album

$
0
0

Word fiks teen jou muur!

$
0
0
muur oefeninge

Wil jy graag fiks en ferm word, maar jy het nie enige apparate nie? Geen probleem. Al wat jy nodig het is ’n muur!

Wie sou nou kon raai dat jy sommer jou hele liggaam kan opknap deur nét ? muur te gebruik? Hier is ? klomp oefeninge wat jy kan doen, sonder om jou neus by die deur uit te steek in die koue.

WENKE:
• Probeer om die hele reeks oefeninge drie keer te herhaal en doen dit twee of drie keer per week.
• As jy nie jou muur wil vuil maak nie, kan jy die oefeninge kaalvoet doen.

1. Plié

Staan met jou rug teen die muur, voete wyd uitmekaar. Lig jou hakke sodat jy op die kussing van jou voete staan (beginners hou hakke op die grond). Draai jou tone en knieë uit sodat dit na buite wys. Hou jou rug teen die muur en buig nou jou knieë in dieselfde rigting as wat jou tone wys. Probeer jou knieë so na as moontlik aan die muur kry en moenie dit vorentoe draai nie. Buig totdat jou knieë ’n hoek van 90º vorm en maak jou bene dan weer reguit. Herhaal 15 – 20 keer. Hou jou bene ná die laaste herhaling gebuig. Knyp jou boude saam en ontspan vir 10 keer.
Spiere wat ingespan word: bobene, binne-bene en boude

pile.png

2. Arm opstote

Plaas jou hande teen die muur en hou jou arms wyer as skouerbreedte uitmekaar. Jou voete is ’n entjie weg van die muur. Staan op jou tone en leun vorentoe sodat jou liggaam ’n reguit lyn vorm van jou kop tot by jou hakke. Buig nou jou elmboë en laat sak jou bolyf totdat jou neus die muur raak. Keer terug na die beginposisie deur jou arms weer reguit te maak en jouself terug te stoot. Hou deurentyd jou maag ingetrek en jou rug reguit. Doen dit vir 30 tot 60 sekondes lank.
Spiere wat ingespan word: bors, skouers, triseps en maagspiere

arm_stote.jpg

3. Brug

Lê op jou rug met jou regtervoet teen die muur en jou regterbeen 90º gebuig. Strek jou linkerbeen reguit na bo. Jou knieë moet ’n reguitlyn met jou heupe vorm. Laat rus jou hande op jou maag. Moet dit nie op die grond plaas nie, want dan gaan jy met jou arms teen die vloer druk om jou te help en só die doeltreffendheid van die oefening verminder. Druk nou met jou regtervoet teen die muur en lig jou boude, heupe en onderste deel van jou rug van die grond af lig. Hou die posisie ’n sekonde lank en keer na die beginposisie terug. Doen 15-20 herhalings en herhaal dan met die ander kant.
Spiere wat ingespan word: hamstrings, boude

brug.png

4. Mooi bo-arms

Staan met jou voete ’n entjie weg van die muur. Plaas jou hande agter jou, handpalms teen die muur, omtrent skouerbreedte uitmekaar. Arms reguit. Buig nou jou arms totdat jou agterstewe die muur raak en stoot jouself weer terug in die beginposisie deur jou arms weer reguit te maak. Doen dit 30 – 60 sekondes.
Spiere wat ingespan word: die agterste deel van jou bo-arms (triseps), asook jou boonste rugspiere.

arms.png

5. Spring en raak

Staan regop en kyk na die muur. Squat af totdat jou knieë 90º gebuig is. Spring dan in die lug terwyl jy kyk hoe hoog jy die muur kan raak met albei hande.
Spiere wat ingespan word: boude, hamstrings (agter-bobene) en quadriseps. (voorste deel van bobene). Hierdie oefening gaan ook jou harttempo versnel.

opspring.png

** Die vorige 5 oefeninge gaan jou spiere pragtig opknap en jou metabolisme verhoog, maar as jy hierdie spring oefening vir 45 sekondes tussen elke oefening doen, gaan jy BAIE kalorieë ook verbrand.linda_kriel.jpg

Geskryf deur Linda Kriel
Volg Linda op Twitter: @linda_kriel

 

Deel/Stuur

Het jy ’n sensitiewe vel?

$
0
0

Slegte gewoontes wat jou vet hou

$
0
0

Die duiwel het ’n klein winkeltjie

$
0
0
sjokolade

Hoe sterk is jy régtig? Kan jy ? stuk sjokolade met jou kaal hande in vier dele breek ... en net een daarvan eet?

Die duiwel het ’n klein winkeltjie
Daar naby waar Dulsie bly
Op pad werk toe kry sy ’n ringtinkeltjie
Van haar kop tot haar toontjie – ’n koue rilling gly
Sy weet sy mag nie
Maar haar oë loer skelm
Niemand het haar gesien nie
Sy knyp haar beursie ferm

In hierdie ryk buurte
Met huise soos die in Italië
Is alles pikant en op sy duurste<
Middelklas kom loer graag en maak foute fatale
Koop iets hier wat jy nie benodig
Want die winkeltjies is tog te oulik
Alles is oorbodig
Die antiekhede is pragstukke aanskoulik

Die duiwel het ’n klein winkeltjie
Daar naby waar Dulsie bly
Op die hoek van Kerkstraat en die duikweg kronkeltjie
Onderdeur die brug by Woolies verby
Dis op pad werk toe
Daar is geen ander pad
Wat gemaak? Waar en hoe?
Haar hart wil bly, maar haar kop gee pak

Onder ’n prieel van bougainvillea pers
En oude steen geplavei
Wit tafeldoekie, sout, peper en kers
Sal jou neus jou daar die verderf inlei
Alles is waar oor die winkeltjie, al die gerugte
Geure van brandewyn, kersie en kaneel
Verbode vrugte! Verbode vrugte!
Dit is warm sjokolade wat daar in die hel se vure smeul

Die duiwel het ’n klein winkeltjie
Daar naby waar Dulsie bly
Die dieet is nou die kabel se kinkeltjie
Maar wie kan nou daar wegbly?
Daar staan hy in die deur
Die slang uit die tuin van Eden
Sy leuens in soetigheid gekamoefleer
Hy roep na al wat leven

Vertoonkas van blinke glas
Blokkies sjokolade netjies uitgestal
Met besondere finesse en eerste klas
Reguit die hemel uitgeval
Dit bly iets waarvan ’n mens nie hou
As jy duskant veertig
Beginne lyk soos ’n vet vrou
En die mense dink sy is ’n bietjie oorgretig

Die duiwel het ’n klein winkeltjie
Daar naby waar Dulsie bly
Sy het ’n daaglikse hinkertjie
Wat haar net altyd bybly
Sy gaan net somtyds
Ag nou maar goed! Baie gereeld
Om te proe aan die soetheid van outyds
Tot vandag toe nog nooit verveeld

Maar dit is nie net sy nie
Nege uit die tien hou almal daarvan
En die tiende weet nie hoe om te lieg nie
Sy eet in die middernag skelm daarvan
Op haar daaglikse lysie
Skryf sy sjokolade heel-bo aan
Al kom sy dan nie by alles uit nie
Kry sy darem een ding gedaan

Die duiwel het ’n klein winkeltjie
Daar naby waar Dulsie bly
Hy is nou maar eenmaal ’n skarminkeltjie
En dit sal elke vrou moet bely
Want petrol is duur
En sjokolade is duurder
Maar ons almal betaal die huur
In die hand van die verhuurder

Daar is hin maer vroutjie diep binne-in Dulsie
Maar sy hou daardie vrou onder sedasie met sjokkies
Sy wil nie hoes, skinder of brul nie
Maar dit jeuk soos ’n kind se waterpokkies
Laat ons die feite in sjokolade doop
Sy sien selfs kans vir haar skoonma
Want as die karamel loop
Kan hulle maar naby Alberton bly, in ’n woonwa

Die duiwel het ’n klein winkeltjie
Daar naby waar Dulsie bly
Die gimnasium is in ’n ander straatjie
In ’n ander rigting as wat Dulsie elke dag ry
Vandag kry die versoeking haar weer beet
Daar is min dinge wat haar gaan keer
En as jy dit al geproe het sal jy ook weet
Die duiwel, is ’n meester sjokolateur.

Wysheid op ’n pakkie suiker: “Strength is the capacity to break a chocolate bar into four pieces with your bare hands - and then eat just one of the pieces.”? Judith Viorst

Pierre Vee

Category: 
Deel/Stuur

As probleme vir jou te veel word

$
0
0

Ons bittersoet liefdesverhaal

$
0
0

Jy sê, God sê

$
0
0
jy se god se

In Jy sê, God sê gee Andries Enslin jou ’n helder antwoord en oplossing van God vir elke probleem – groot én klein – in jou lewe.

jy_se_god_se_boek.jpgHy stel jou fokus in sodat jy duidelik kan sien, weet en glo: My Vader het my bo alles lief. Hy verander elke vraagteken in ’n uitroep, elke minus in ’n plus, elke ‘Nee, ek kan nie …’ in ’n ‘Ja, jy kan – want Ek kan, wil en sal’.

Hierdie is Andries Enslin se opvolgboek van Die Woord Elke Dag. Kry dit nou.

Kliek hier om Jy sê, God sê te bestel.

Category: 
Deel/Stuur

Brand Pretorius: wat is ʼn goeie leier?

$
0
0

Neem menopouse jou lewe oor?

$
0
0
Viewing all 1496 articles
Browse latest View live