Quantcast
Channel: Voelgoed
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

3 Maniere vir ’n beter selfbeeld

$
0
0

’n Swak selfbeeld is deesdae niks vreemds by kinders nie. Wat hulle egter moet besef is dat dit elke dag se uitdagings is wat hulle in die gesig staar, wat hul selfbeeld weer sal opbou.

Stefanie het van kleins af ’n swak selfbeeld. Sy is onseker van haarself en bang om enigiets te probeer, want sy gaan dit tog nie regkry nie. Sy kan nie met mense praat nie, want sy dink hulle gaan nie van haar hou nie. Stefanie se ouers het haar swak selfbeeld vroeg reeds raakgesien. Hulle probeer baie hard om haar beter te laat voel oor haarself en maak ’n bohaai van die geringste dingetjie wat sy regkry.
Sommige van hulle standaarde is selfs al verlaag in ’n poging om haar ’n bietjie op te bou. Tog het dit geensins die situasie verander nie. Haar ouers hoop om deur hulle optrede haar selfbeeld te verbeter. Die eintlike oplossing lê egter in die manier waarop sy self leer om haar struikelblokke te oorkom.

Dis juis die uitdagings wat haar selfbeeld opbou

Die lewe is ’n hindernisbaan van probleme, uitdagings en issues. Jy moet jou kind só lei om te verstaan dat dit juis hierdie dinge is wat haar selfbeeld opbou. Dit kan wees dat sy ’n baie moeilike skooltaak voltooi het, geleer het om haar emosies te beheer wanneer sy gefrustreerd voel of selfs om haar kop op te lig nadat sy ’n toets gedop het. Dit maak nie saak wat die aard van die probleem is wat sy baasgeraak het nie, met elke tree is dit ’n stappie nader aan ’n gesonde selfbeeld. Deur drie belangrike rolle in te neem, kan haar ouers haar help om dit reg te kry.

Die rol van opvoeder

Leer haar om probleme op te los.

Help haar om te verstaan wat die gevoel van minderwaardigheid veroorsaak. Vind dan uit wat sy nodig het om die situasie te oorkom. Dis ’n normale deel van haar lewe om emosies te ervaar. Tog moet sy leer om daardie emosies só te beheer dat sy nog steeds die dinge kan doen wat van haar verwag word.

Maak seker sy kan die probleem identifiseer.

Deel van jou rol as opvoeder is om jou kind te help om die probleem te verstaan. Haar swak selfbeeld is beslis ’n struikelblok. Sy moet byvoorbeeld leer wat om te doen as sy ’n vraag verkeerd antwoord en dom voel as gevolg daarvan. Wanneer sy die emosies rondom haar swak selfbeeld werklik verstaan, kan sy dit begin oorkom en al hoe meer en groter probleme baasraak.

Die rol van afrigter

Die tweede stap is om jou kind af te rig hoe om haar unieke talente reg te gebruik. As sy deur ’n moeilike tyd gaan of sukkel om ’n nuwe vaardigheid aan te leer, bemoedig haar met iets soos: “Jy het al voorheen hierdie tipe probleem opgelos, jy sal dit weer regkry.” Natuurlik is een van die belangrikste dinge wat jy haar kan vra: “Hoe kan ek jou help?” Dit gee haar ’n mate van beheer oor die situasie.

Die rol van grensskepper

Selfs al het sy selfbeeld-issues, is dit jou plig as ouer om haar te lei in haar optrede. Die riglyne moet baie duidelik wees en geen twyfel by haar laat oor wat aanvaarbaar is in sekere situasies nie. Gestel sy het ’n swak punt vir haar laaste toets gekry en voel dat sy netsowel haar huiswerk kan los. Jy kan haar lei om steeds verantwoordelikheid te aanvaar deur iets te sê soos: “Ek kan verstaan dat jy teleurgesteld is, maar ons moet onthou dat dit nog steeds jou plig is om jou huiswerk te doen.” ’n Ander scenario kan wees dat sy nie saam met haar maats na ’n partytjie genooi is nie. Sy voel verstoot en skree op haar sussie wat waag om iets daaroor te vra. Jou hulp om haar emosies te hanteer kan dalk so klink: “Ek weet jy voel uitgelaat, maar jy kan nie jou frustrasie op jou sussie uithaal nie.” Maak seker sy verstaan die gevolge van haar dade. Sonder ’n balans tussen verantwoordelikheid en aanspreeklikheid sal kinders mos nooit voel dat dit nodig is om te verander nie.

Soos die bekende liedjie van Kelly Clarkson lui: “What doesn’t kill you makes you stronger.” Almal het goeie en slegte dae, maar dit is hoe jy dit hanteer wat die verskil maak. Op die ou end moet elkeen haar eie manier vind om deur die struikelblokke te werk.

Deel/Stuur

Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!