Quantcast
Channel: Voelgoed
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Plant nóú blombolle vir ’n lentefees

$
0
0

Die koeler weer in April maak jou meer energiek vir die voorbereiding van die wintertuin en die groot taak van skoonmaak en plant. Dit is nou die tyd om pragtige lentebolle te plant.

April is die tyd om jou winter- en lenteblommende bolle in die grond te kry. ’n Goeie wenk is om staatmakers soos anemone, affodille (waarvan daar sowat twintig verskillende soorte en kleure in Suid-Afrika beskikbaar is), sparaxis, ixia, freesia en irisse op verskillende tye te plant.

Indien jy 100 sparaxisbolle gekoop het, plant dit dan in groepies van ongeveer 30, maar twee weke uitmekaar. Dan blom almal nie tegelyk nie, en kan jy die plesier ’n bietjie uitrek! Dit is maklik om só te werk te gaan, aangesien die planttyd oor sowat drie maande strek – van Maart tot einde Mei.

Dit is selfs moontlik om van hierdie bolle nog tot middel Junie te plant. Hadeco se webwerf beveel aan dat tulpe in Mei geplant moet word, maar die res kan jy nou al plant as jy dit nie in Maart gedoen het nie.

Hier is ’n lysie van bolle wat jy nou kan plant, met ’n aanduiding van watter inheems is en watter kleur op die rak beskikbaar is:

  • Affodille (al die soorte; groot soorte met enkel- en dubbele blomme, miniatuursoorte en ook dié wat trossies blomme dra. Maak seker jy weet wat jou soorte se volgroeide hoogte is voor jy plant; almal is skakerings van geel en room)
  • Ixia (inheems; skakerings van pienk en geel, wit, room)
  • Freesia (inheems; wit, geel, rooi, pienk, pers en lila)
  • Druifhiasint (Muscari; blou, pers en wit)
  • Anemone (dubbele of enkelblomme; rooi, pienk, pers, wit en lila)
  • Hollandse irisse (geel, donkerblou, ligblou, wit of ’n mengsel van blou, wit en geel)
  • Sneeuvlokkies (Leucojum)
  • Babiana (inheems; skerp pienk, pers en ligpers), Chasmanthe (inheems; oranje-geel Brodiaea (lila)
  • Hiasinte (wit en pers)
  • Ipheion, Lachenalia (inheems; skakerings van geel en pienk)
  • Ranonkels (oranje, wit, pienk, rooi, geel)
  • Tritonia (inheems; skakerings van room, rooi, oranje en pienk; hulle blom effens later as die ander bolle)
  • Cyrtanthus (inheems, skakerings van rooi, pienk, geel en room)
  • Tjienkerientjees (inheems; wit).
  • Tulpe is beskikbaar in rooi, wit of pienk. Ongelukkig is die modekleure soos swart, of die tulpe met gekartelde of frilletjiesblare, nie by ons te koop nie.
  • Leliesoorte (Lilium) kan ook nou geplant word; hulle kan trouens in die herfs sowel as die lente geplant word.

 

affodil.png

Affodil

freesia.png

Freesia

sparaxis.png

Sparaxis

anemoon.png

Anemoon

ixia.png

Ixia

tjienkerientjie.png

Tjienkerientjee

druifhiasint.png

Druifhiasint

ranonkel.png

Ranonkel

tulp.png

Tulp

Onthou om hierdie 5 tuintake in April te doen

GRONDVerryk die grond nou met goeie kompos gemeng met geswete kraalmis. As jy kraalmis in grootmaat koop, vra die verskaffer of dit gesweet is, of laat dit sowat twee weke lê voor jy dit by die grond inwerk. Sodoende maak jy seker dat daar nie onkruid in jou beddings opkom nie. Laat die grond lê en rus voor jy plant, indien moontlik.

KRUIE Oes steeds die laaste kruie, en bêre vir kruietee of om gedroog in jou kos te gebruik. Die somergroeiende basielkruid is nou al te lelik om te oes, maar jy kan nog goeie blare van meerjarige soorte pluk. Hang bossies kruie onderstebo in ’n droë plek om te lugdroog, en verkieslik met papiersakkies oor die bossies gebind om die insekte weg te hou. As jy ’n oormaat kruie het, kan jy die blare kap en in afgekoelde gekookte water in ysbakkies vries. Merk die vriesbakkies met ’n plakkertjie, want gekapte kruie is moeilik om te identifiseer.

BLOMPLANTE Raak ontslae van treurige plante, eenjariges sowel as meerjariges. Plant nou nuwe meerjarige struike in jou beddings. Hulle sal mooi vestig deur die winter en jou in die lente beloon. Onthou om jong plante teen ryp te beskerm as jy las van kwaai ryp het. Dis ook die ideale tyd om winterblommende eenjarige saailinge te plant – soos gesiggies, wat ook eetbare blomme is.

GROENTE Verryk die grond met geswete kraalmis en organiese voedingstof, en fokus op die aanplant van blaargroente soos die verskillende soorte slaai en Oosterse groente soos pak choi, mizuna en mosterd. Hulle groei pragtig in die winter en jy kan daagliks daarvan pluk vir sop, roerbraai en winterslaaie.

SAAI ertjies en pronkertjies nadat jy die grond baie deeglik voorberei en verryk het – die ertjie-familie is honger plante. Jy moet baie diep grou – een meter diep. Verwyder die boonste halwe meter se grond eers heeltemal en plaas eenkant, dit is bogrond en mag nie met die onderste grond gemeng word nie. Maak nou die onderste halwe meter se grond los en werk kompos daarby. Meng die bogrond met kompos en kraalmis, en plaas terug. Wag ’n week of twee voor jy saai of saailinge plant.

Byskrifte: Ranonkel Affodil Ixia Anemoon Sparaxis Druifhiasint Freesia Tulp Tjienkerientjee Teks en foto’s Lizette Jonker

Category: 
Deel/Stuur

Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!