Quantcast
Channel: Voelgoed
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Goggas: Wie gril die meeste?

$
0
0

Sou die wêreld nie ’n wonderlike plek gewees het as alle goggas soos skoenlappers gelyk het nie? Of soos ladybirds? Lag mans vir hierdie gogga-vrees van vroue? Of gril hulle eintlik ook?

Ek is moontlik een van die wêreld se grootste spinnekop-skrikkers. ’n Flouvaller. Ek gee glad nie om dat ek groter en gevaarliker is nie. Niks laat my meer gril as agt bene (aan een lyf!?) wat skarrel nie. Harige, hoekige bene ... Aaklig! Daar is net een plek vir ’n spinnekop in my huis: plat onder ’n plakkie of versuip in ’n plas Doom.

Ek is so bang dat ek dalk eendag ’n seuntjie soos Giel gaan baar ... My dierbare vriendin het geboorte geskenk het aan ’n entomoloog. Hy word volgende jaar ses. Giel kon “pinnekop” sê voor “mamma” en vir sy tweede verjaarsdag wou hy ’n sprinkaankoek hê, het sy my een oggend wasbleek kom vertel. Intussen het ons al ’n duisendpoot, ’n kriek en ’n bosluis (JA!) gebak. Giel se ma leef in konstante vrees en met pocket-size Doom byderhand (ek dink sy laat dit invoer).

Ons het al hoeveel keer probeer om ’n katjie, ’n hasie of ’n hondjie aan Giel af te smeer. Maar hy kies altyd liewer die akkedis, die mot of die kriek om langs hom te slaap. Gewoonlik darem in ’n botteltjie.

Toemaar, troos Robbie Wessels, alle mans is nie soos Giel nie. Sommige skrik ook hulle alies af vir ongediertes.
 

My ma het eendag deur die klankgrens gebars toe daar ʼn ‘reuse’-spinnekop in die badkamer was. Effens geïrriteerd het my pa nader gestaan to save the day. Paraat met ’n plakkie in sy een hand, het hy (stadig en versigtig) die badkamer binnegegaan. Maar moontlik as gevolg van my ma se grotgil, het die spinnekop ook gevlug ... agter die wasgoedmandjie in, het my pa besef toe hy dié eenkant toe skuif. In ’n laaste verwarde en desperate poging om weg te kom, vlug die spinnekop toe in my pa se rigting. En vanuit die badkamer weergalm die stem van ’n volwasse man, maklik drie oktawe bo my ma se gil! Wat van die spinnekop geword het, weet ek nie, maar my pa is tot vandag toe bang. (’Skies, Pa.)

“So, volgens my ervaring is vroue beslis die bangste vir spinnekoppe. En dalk vir paddas. Jy kan aan ’n vrou se gil hoor of sy in die omtrek van ’n spinnekop of ’n padda is. Die spinnekop-gil is so ’n vermenging van nagmerriebang en kleinhondjie-tjank. Waar ’n padda-gil ’n dieper gril-my-dood-ek-gaan-opgooi dreigement is.

“Ek self is nou nie regtig wat jy ’n ‘gogga-mens’ sal noem nie, maar ek het al probeer om ’n kriek- en ’n meelwurmboerdery aan die gang te hou. Dit was vir my bearded dragon. Maar die krieke raas net en die meelwurms lê en doen niks. Te koop: 0,0004 ha kriekplaas en 0,0007 ha meelwurmplaas. Skakel Robbie Wessels.

“Gelukkig is ek in die vermaaklikheidsbedryf en ek hoef nie te maak of ek van goggas hou nie. Ek kan eerder probeer geld maak en ’n wiegeliedjie oor goggas skryf ... Siembamba was ’n groot treffer! Dalk iets soos: Mot, klim uit my kind se kot, Mot gaan klim terug in jou grot. Mot, dot dot dot dot dot.”

Robbie is dan beslis nie die ou om te roep as ’n gogga jou lewe bedreig nie. En nee, ek gaan nié vir Giel sê van die kriek- en meelwurmplaas nie! En ek wil regtig eendag by Noag hoor hoekom hy elke liewe kriewelende monstertjie op sy ark moes laai. Ek sou glad nie so gehoorsaam gewees het nie. Dink net hoe lekker sou dit gewees het om die ark se deur in daai lastige twee muskiete se gesig toe te klap. Moontlik sou ek die vlieë en spinnekoppe ook agtergelaat het. En terwyl ek nou besig is, bosluise en vlooie en ...

Slide Show Title: 

Wat mans dink oor goggas

Slide Show Intro: 

Gril hulle of lag hulle?

Deel/Stuur

Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!