Quantcast
Channel: Voelgoed
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Nog ’n Bybelverhaal sien eersdaags die verhooglig ...

$
0
0

Die verhoogproduksies Ester en Dawid het gehore op hul voete gehad. Johan Scholtz het dus besluit om ook Jesus se lewe hier op aarde só vas te vang. Ons het meer oor hierdie musiekblyspel gaan uitvind ...

Almal was in rep en roer toe die Christelike musiekblyspel Ester die lig sien. Na afloop van die produksie se sukses is die storie vanDawid ook later die jaar in die vorm van ’n musiekblyspel aangebied. Dit was nét so ’n groot treffer onder gehore regoor die land. Johan Scholtz het toe besluit dit is tyd dat Jesus se storie ook op die verhoog vertel moet word en hy het aan die musiekblyspel Jesus begin skryf.

Nou het ’n droom ’n werklikheid geword en vanaf 27 April word hierdie aangrypende storie van Jesus op die verhoog vertel. Soné Combrinck produksies en kanselteater is aanboord as vervaardigers vir hierdie verhoogproduksie terwyl Janine Neethling sorg vir die musiek. Dit beloof om die musiekblyspel van die jaar te wees.
jesus_musiekblyspel_heinz_winckler.png
Talle bekendes sal ook in Jesus te sien wees soos Heinz Winckler wat die rol van Jesus sal vertolk en Robbie Wessels as Johannes die Doper. “Johannes die Doper is ’n Bybelfiguur wat my nog altyd gefassineer het. Omstrede, radikaal, ek kan nie wag nie,” was Robbie se woorde.

Woensdagoggend (3 April) was daar ’n groot opgewondenheid in die lug met die afskop van die amptelike repetisies. “ Dit gaan ’n teatrale, musikale skouspel wees. Dié produksie sal gehore se sintuie oorweldig en weer opnuut laat besef wat Hy vir ons kom doen het,” sê regie en teksskrywer Johan Scholtz.

Daar is ook ’n nuwe TV advertensie op pad en die Jesus – die Musiekblyspel facebookblad is ook propvol agter die skerms video’s, foto’s en verskeie kompetisies. As jy meer wil weet oor hoe om plakkate vir jou kerk/skool/werk te bekom of oor groepbesprekings en afslag-aanbiedings, stuur gerus ’n e-pos aan Elanie by info@jesusmusiekblyspel.co.za. Bespreek jou kaartjie nou vir Jesus – die musiekblyspel by www.jesusmusiekblyspel.co.za of by Computicket. Hierdie een kan jy eenvoudig nie misloop nie!

Category: 
Deel/Stuur

Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!