Quantcast
Channel: Voelgoed
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Laer bloeddruk op ’n natuurlike manier

$
0
0

Ongeveer 70% van mense wat die eerste keer ’n hartaanval kry, ly aan hoë bloeddruk? Hierdie toestand gaan omtrent altyd gepaard met hartsiektes. Jy kan dit egter deur jou leefstyl beheer.

Hoë bloeddruk, oftewel hipertensie, word deur jou gene of jou leefstyl veroorsaak. Jy kan nie jou gene kies nie, maar jy kan beslis jou bloeddruk verlaag deur jou leefstyl te verander. Jou dokter sal meestal medikasie voorskryf om jou bloeddruk te beheer, maar leefstylveranderings kan net so goed werk, veral as jy nog nie medikasie begin gebruik het nie. Jy kan die volgende veranderings maak en self die verskil sien.

Hoe groter jou middel, hoe hoër jou bloeddruk

“Hoë bloeddruk kom gewoonlik saam met ’n hele klomp ander probleme, soos hoë bloedsuiker, hoë trigliseriedwaardes (’n tipe vet in jou bloed), en ’n middelomtrek groter as 88 cm by vroue (102 cm by mans) voor,” sê dieetkundige Melissa Kelly. “Dit vorm alles saam die metaboliese sindroom. Kortom beteken dit dat jou liggaam te veel insulien produseer, wat weer jou bloeddruk laat styg. Wanneer dit die geval is, help dit nie jy eet spesiale kosse om jou bloeddruk te probeer verlaag nie. Die belangrikste is om gewig te verloor, ten minste 5 kg.

“Vet om jou maag is nie ’n dooie massa nie; dis aktief en skei hormone af wat tot die oorproduksie van insulien kan lei. As jou middelmaat kleiner word, gaan jou bloeddruk heelwaarskynlik daal. Eet kleiner porsies op ’n slag en eet meer gereeld om jou hiermee te help. Groot borde kos is baie nadelig, omdat jou liggaam groot hoeveelhede insulien afskei om jou bloedsuiker te beheer.

Vrugte met kalium laat jou bloeddruk daal

Piesangs, aartappels, patats, geel groente en vrugte bevat kalium wat, soos deur navorsing bewys is, jou bloeddruk help beheer. Groen groentes is weer ryk aan magnesium, nog ’n mineraal wat hoë bloeddruk teëwerk. Melissa sê dis belangrik om 1 200 mg kalsium daagliks in te neem om bloeddruk te help beheer. “Drink 2 tot 3 glase melk en eet ’n bakkie jogurt en ’n porsie kaas, verkieslik maaskaas, wat minder sout bevat. As jy sukkel om genoeg kalsium deur jou dieet in te neem, neem ’n kalsium-en-magnesiumaanvulling.”

Oefening kan jou bloeddruk net soveel verlaag soos medikasie

Gereelde oefening maak jou hart sterker. ’n Sterker hart kan makliker meer bloed deur jou liggaam pomp. As jou hart minder hoef te werk om bloed te pomp, word die druk op jou aarwande minder, wat jou bloeddruk laat daal. Gereelde oefening kan jou sistoliese bloeddruk, die boonste syfer in ’n bloeddruklesing, met tot as 9 mm HG laat daal. Dis dieselfde as wat met sommige bloeddrukmedikasie bereik word. Aërobiese oefening wat jou hart vinniger laat klop, is die beste medisyne vir bloeddrukbeheer. Sowat 30 minute se oefening elke dag is voldoende.

As jou bloeddruk hoog is, praat eers met jou dokter voordat jy begin oefen, omdat jou bloeddruk tydens oefening baie kan styg, wat weer tot hartaanvalle kan lei. Om die voordele van oefening te sien, moet jy minstens een tot drie maande oefen, en ook aanhou oefen vir langtermyngesondheid.

’n Gesonde leefstyl wat gesonde kosse en porsies insluit, genoeg water, oefening, voldoende ontspanning en minder stres is nét wat jy nodig het om jou bloeddruk te beheer. Ongelukkig kan nie almal sonder medikasie klaarkom nie, omdat bloeddruk in sommige gevalle oorerflik is. Praat met jou dokter oor die beste behandeling vir jou hoë bloeddruk.

Category: 
Deel/Stuur

Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!