Quantcast
Channel: Voelgoed
Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Jakkie Louw – “Ek het waardeloos gevoel ...”

$
0
0

Jakkie Louw was maar 15 jaar oud toe sy broer Frikkie (toe 18) in ’n fratsmotorfietsongeluk oorlede is. Hy moes hard baklei, teen die wêreld en teen homself om vandag te wees, waar hy is.

“Daar was geen manier hoe ek my broer se dood op daardie ouderdom kon verwerk nie. Selfs professionele hulp het nie gewerk nie. Mettertyd het ek al hoe meer depressief geraak en my van ander kinders begin afsonder. Ek het begin rook en ’n rebel geword.

Op skool het ek akademies skielik swakker gevaar en is na ’n ander skool, sonder dat dit gehelp het. Vir ’n tiener is dit aaklig om in niks goed te wees nie. My punte was vrot en ek het ook nie in sport presteer nie. Ek het so nietig gevoel. In daardie tyd het my ander broer en sy vrou vir my ’n kitaar persent gegee.

Ek het taamlik vinnig geleer kitaar speel en onthou hoe ek ure in my kamer gesit en tokkel het. Later het die liedjies gekom. Daardeur kon ek vir die eerste keer van al die gevoelens wat so diep binne my weggesteek was, verwerk. Ek het net aanhou skryf en speel. Skryf en speel. Uiteindelik was daar iets wat ek kon en wou doen. Musiek maak. Ek was so oortuig dat dit my “ding” is ... Maar niks wou uitwerk nie.

Ses jaar na my broer se dood is ek Pretoria toe. Wat ʼn finansiële ramp! ʼn Mens kan ook net sóveel Weetbix eet voordat dit soos karton begin proe. Van iewers af het ek die vasbyt gekry om aan te hou. Ek het elke liewe kroeg gebel totdat mense my vir vertonings begin bespreek het. Binne my het ’n droom begin brand. En ek het daaroor begin praat.

Baie, baie mense (in my familie!) het vir my gesê ek sal dit nooit as sanger maak nie. As ek gesê het ek gaan eendag een van die groot name op Skouspel wees, het hulle vir my gelag. Ek was dalk nie akademies sterk of sportief nie, maar op ’n manier het ek aanhou glo musiek sal vir my werk.

Op ’n stadium het dit gevoel asof ek klein deurbraak maak. ’n Plek met die naam Maloneys het my elke Donderdagaand bespreek. Ek was in die wolke! Maar drie weke later moes ek ophou toe die plek bankrot speel.

Dit sou maklik gewees het om toe tou op te gooi, maar ek het nie. Ek het by ’n plek om die draai gaan aanklop. Daar kon ek elke Sondagaand optree. Stelselmatig het my gewildheid in Pretoria begin toeneem. En drie maande later, toe Maloneys onder nuwe eienaars heropen is, was ek terug op my pos.

Kort voor lank was dit so erg dat hulle die deure agtuur saans moes toemaak as ek daar speel! Die mense het net bly instroom. Ek het my tweede asem gekry, net voor dit te laat was. Dit was wonderlik om te sien hoeveel mense my musiek waardeer – hierdie outjie kón toe iets goed doen!

En raai wat? Ek was toe by die 2010 Skouspel in Kaapstad. En het op die koop toe die televisie-aanbieding behartig. Dit het tien jaar gevat, maar ek het dit reggekry. My volgende doelwit is om nommer een in Suid-Afrika te wees. Hierdie jaar nog.

Nou, as ek terugkyk, sien ek nie meer net die pyn van my broer se dood nie – ek sien die waarde daarvan. Al moes ek baie diep in ’n donker put gaan draai, sou ek daarsonder moontlik nooit die temperament gehad het om die kitaar op te tel en musiek te skep nie. Kreatiwiteit het my gered.

Dit het my ook iets gegee waarin ek goed kon wees. Ek het verander van die outjie wat dink hy kan niks doen nie, tot die musikant wat weet hy kan iets doen wat niemand anders kan nie. Van die liedjies wat ek destyds na my broer se dood geskryf het, het beslis tot my sukses bygedra.

Deesdae is my drome so groot dat ek selfs besig is om ’n boek te skryf, Die Musikant se Handboek. Ek het onderhoude met 20 van ons land se suksesvolste musikante gedoen en hulle raad in die boek saamgevat. Dit verduidelik hoe om dit as musikant in Suid-Afrika te maak en is my manier van teruggee.

Vandag ken talle mense in die land my naam. Danksy my broer. En danksy 3 Pikkewyne!”

Category: 
Deel/Stuur

Viewing all articles
Browse latest Browse all 1496

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!